Wys Jou Kaalgat Karel-Fliekkaartjie En Staan ’N Kans Om ’N PS5 Te Wen!

MEDIA RELEASE
5 OCTOBER 2021

KOMPETISIETYD: WYS JOU KAALGAT KAREL-FLIEKKAARTJIE EN STAAN ’N KANS OM ’N PS5 TE WEN!

Wys Jou Kaalgat Karel-Fliekkaartjie En Staan ’N Kans Om ’N PS5 Te Wen!

KAALGAT KAREL, Boondogle Films se skreeusnaakse kaalnael-komedie, laat tans gehore skaterlag in bioskope regoor die land.

Maar die pret hou nie daar op nie, want een gelukkige kyker staan ’n kans om ’n PS5 te wen!

Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom vir hierdie super-cool prys, is om op KAALGAT KAREL se Facebook en Instagram te kliek en ’n foto van jou fliekkaartjie met hulle te deel. Meer inligting van hoe jy te werk moet gaan sal op beide platforms beskikbaar wees.

Inskrywing sluit op 11 Oktober 2021. Bespreek nou om jouself ’n kans te gee:

Ster-Kinekor-besprekings: https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel

NuMetro-besprekings: https://numetro.co.za/movie/5757/

KAALGAT KAREL vertel die storie van Karel Venter (Francois Jacobs), ’n dertigjarige kaalnaeler, wat die opwinding en aandag wat hy by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus en enkelma, Rita (Christia Visser) wat hom behandel nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar dit is duidelik dat sy glad nie belangstel in sy bedrywighede nie.

Dié rolprent, deur Meg Rickards en Paul Egan, het reeds wêreldwyd presteer en toekennings by verskeie internasionale rolprentfeeste ingepalm. Dit het Engelse onderskrifte en ’n lekkerluister temalied, Altyd Op Vakansie, deur Jack Parow en Loki Rothman.

Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens en die gewilde komediant, Schalk Bezuidenhout is ook in die fliek te sien.

Dit is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep en word plaaslik deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=VDtBaSs6PzE

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel

Twitter: @kaalgatkarel

Hutsmerk: #KaalgatKarelFilm

Trudi Stander

Web and Ambassador Editor

Trudi Stander, our Web Editor and head of our BLOSS Brand Ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 15 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.