fbpx

Wen Vier Afrikaanse Boeke Vir Jou Somervakansie!

afrikaanse boeke

WEN!!! 

4 Boeke ter waarde van meer as R1000!

  1. Twee kinders – Charmé Kriel
  2. Koeke en terte – Susan Coetzer
  3. Laat U naam geheilig word – Esté Geldenhuys
  4. Israel-Reeks: Omnibus 1 – Marzanne Leroux-van der Boon

Om in te skryf, los ‘n comment onder aan hierdie blog en vertel ons watter een van hierdie boeke jy heel eerste wil lees! Wenners sal 2 Desember 2019 gekontak word.

Lees verder om uit te vind wat jy kan verwag van een van hierdie prysboeke deur Marzanne Leroux-van der Boon.

Israel reeks: Omnibus 1

Marzanne Leroux-van der Boon

Granate bloei in Jerusalem

Marc, ‘n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ‘n geloofstryd – bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: is hy ‘n Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle ‘n toekoms saam? Grenate bloei in Jerusalem is met die ATKV-Prosaprys (2004) en Christelike Boekhandelaars-prys: fiksie (2004) vereer. afrikaanse boeke

Hatikvah

Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebore baba in ‘n miskraam.

Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word? Afrikaanse boeke

Oor die skrywer

Marzanne Leroux-Van der Boon is ‘n bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ‘n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op tien gewilde romans wat in daardie land afspeel.

Medianavrae

Arleen Stone
Arleen.stone@nb.co.za
Lux Verbi

Lees meer by ons Boekklub
Read more Entertainment

Tobi Jooste
Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

10 Comments
  1. My book that I will start reading Laat U naam geheilig word Estie Geldenhuys. I just love reading and books.
    Best regards, Johann de Beer.

  2. Ek sal graag die boek Israel Reeks (Omnibus) eerste wil lees. Israel het my nog altyd gefassineer – sal wil lees wat Marzanne van die tema maak.
    Daar is geen twyfel dat sy baie goed daaroor sal skryf nie. maar ek sal die graag wil lees.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.