Wegkruipertjie 1… 2… 3… Blok Myself

1..2..3 Blok Myself- 

Wegkruipertjie 1... 2... 3... Blok Myself

Mens vergeet nooit van kind wees en al die lekker kinderspeletjies wat ons gespeel he nie.. As kind om te skree 1..2..3 blok myself dan weet jy, as kind dat jy veilig is op daai oomblik van die maatjie wat aan is. Wegkruipertjie 1… 2… 3… Blok Myself

As groot mense speel ons nogsteeds speletjies. Meeste van ons speel “wegkruipertjie” met die lewe. Ons kruip weg agter ons omstandighede en dra ‘n emosionele masker vir wat elke dag vir ons inwag.

Wegkruipertjie 1... 2... 3... Blok Myself

Elke aand as ons in die bed klim sê ons 1..2..3 blok myself, as ons die dag deur gemaak het sonder enige teenstand. Ons haal diep asem en voel veilig soos n kind op daai oomblik want ons kan sê ons het die dag gemaak.

Om saam kinders nog speletjies te speel is lekker maar ons is nie as mense gebore om die res van ons lewe weg te kruip nie. Dalk is dit tyd dat ons ‘n ander speletjie begin speel.

Wegkruipertjie 1... 2... 3... Blok Myself

1..2..3 Vry-myself! Dis tyd om jou vrese in die gesig te staar en jou omstandighede te omhels. Begin hersien wie jy is maak nie saak wat jou omstandighede is nie, hiersien wat jy in die lewe vir jouself will hê en begin dan om daai veranderinge te maak.

Eerlik en Realisties

Wees eerlik en realisties met jouself in dit wat jy will bereik. Wees hardwerkend, vol vertroue, ambisieus en doel gerig. Al sien jy nie onmiddelik die resultate nie, geniet die reis want jy sal verbaas wees hoeveel jy van jouself en wat jy kan bereik sal leer.

Wegkruipertjie 1... 2... 3... Blok Myself

Ons is nie gemaak om terug te sit en die lewe te sien verby gaan nie.  Ons is gemaak om alles te wees en nog meer. Maak jou eie sukses en wees die direkteur van jou lewe.

“Geluk is nie iets wat jy uitstel vir die toekoms nie, dit is iets wat jy ontwerp vir die nou” – Jim Rohn

Written by Kim Grobbelaar – BLOSS Brand Ambassador.

_______________________________________________________

Read more from our Brand Ambassadors

1. Don’t Let Perfect Become The Enemy Of Progress
2. Lose The Mask Of Negativity

Trudi Stander
Trudi Stander

Business Development Manager

Trudi Stander, our Business Development Manager and head of our BLOSS Brand ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.