Wees ‘n #bosslady

Bosslady het ‘n obvious betekenis – sterk en suksesvolle vrou. Maar hoe meer ek aan die woord #bosslady dink, hoe meer dink ek aan die pad wat jy moet stap om tot daar te kom. Om sterk en suksesvol te wees, beteken jy moet deur seer gaan, foute maak, daaruit leer en weer opstaan. Dit vat guts om op te staan, want vir die meerderheid van ons is dit makliker om te bly lê of in ‘n ander rigting te begin stap. Sukses kom nie oornag nie, dit kom met seer en baie foute. Dit kom deur risiko’s te neem, die boundaries van jou bekende uit te daag en uit jou comfort zone te klim. Niks hiervan is maklik of lekker nie, maar soos Jenna Clifford altyd sê: FOKUS.

Dis juis die dinge waardeur elkeen van ons gaan, wat jou die vrou maak wie jy vandag is. Struggle is part of your story, wat beteken as jy deur seer is, het jy ‘n storie om te vertel. Jy het ‘n voice om ander vroue te help. Onthou, jy inspireer nie mense deur jou seer nie, maar die manier hoe jy dit hanteer. Dit gaan oor jou karakter. ‘n Mens leer baie van iemand se karakter deur die manier hoe hy of sy ‘n situasie hanteer en met ander mense in die situasie werk.

‘n Mens leer baie van iemand se karakter deur die manier hoe hy of sy ‘n situasie hanteer.

Brandi Carlile se liedjie, The Story, vertel van die lyne op jou gesig en hoe elke lyn ‘n storie vertel van wie jy vandag is. So baie stories waardeur ons moes leer; elke kronkel en draai van jou lewenspad. Maar as jy niemand het met wie jy hierdie stories kan deel nie, wat beteken enige storie dan? Dis juis om hierdie rede dat ek besluit het, dis tyd om my storie te vertel.

Waarin grond jy jou identiteit? Dit was een van die belangrikste lesse wat ek moes leer deur my journey in die mediabedryf. Magdie Raats is nie BELLA Tydskrif nie. Maar BELLA en BLOSS is slegs produkte van Magdie Raats. Daarom stel ek aan julle bekend MAGDIE RAATS. My eie brand wat ek launch met ongelooflike en passievolle produkte soos BLOSS Media, #bosslady clothing, STATUS Cosmetics, BUILDINGWOMEN Foundation, EMME Parfume (wat op pad is), asook ‘n autobiografie. Alles spesiaal vir vroue 20 – 35 jaar. Dis julle wat my inspireer en dis julle wat my die energie gee om op te staan, te veg en tsunami’s trotseer. #mypassie

Laasjaar hierdie tyd, het ek vir die 1ste keer op social media gepost ek launch ‘n nuwe tydskrif. September is BLOSS gelaunch. Nou, ‘n jaar later het ek besluit om my eie brand te launch om BLOSS se lewensjaar te vier. Ek begin weer met motiveringstoesprake, tydskrif-kursusse, persoonlike brand building kursusse, ‘n internship program deur BLOSS as media platform, asook eksklusiewe destination styling saam met Suid Afrika se Celebrity Fotograaf, Francois Olivier. Wat my die mees opgewondste maak, is die klerereeks #bosslady by MAGDIE RAATS wat in die pyplyn is. Net soos alles waarmee ek besig is, het hierdie klerereeks ook ‘n twist.

Wat my die mees opgewondste maak, is die klerereeks #bosslady by MAGDIE RAATS wat in die pyplyn is. Net soos alles waarmee ek besig is, het hierdie klerereeks ook ‘n twist.

Volgende jaar hierdie tyd, staan ons weer hier en hoe opgewonde voel ek nou! Ek weet Rome is nie in ‘n dag gebou nie en dat dit harde werk gaan verg die volgende 5 jaar, maar ek smile oor hoe dinge alreeds in plek val. Stap saam met my hierdie pad, help my waar ek val en tel my op wanneer ek moeg raak. Saam sien ons hoe dinge gebeur, want oor 5 jaar van nou af, is alles wat ek hier bo genoem het en nog meer, in plek. Dan staan ons en drink sjampanje in ‘n ultra moderne dubbelverdieping glas-gebou wat THE BLOSS HUB genoem gaan word. ‘n Media gebou wat werkspasie, ontspanning en brands interaktief bymekaar bring en sien hoe ons ‘n generasie op internasionale vlak #educate #empower #uplift en #inspire.

Geniet julle winter, ons gesels weer. Baie liefde, ekke

My #bosslady looks afgeneem deur Anthony Horak

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.