Wanneer Die Borsvoed “Munchies” Oorneem

So, baba is nou al ‘n maand oud en soos enige mamma wat eksklusief borsvoed/pomp sal verstaan, hoe meer baba drink hoe meer wil jy eet! Een van die voordele van borsvoed is natuurlik die gewig wat jy kan verloor maar hoe gemaak as jy elke 10 minute dood is van die honger en alles in die yskas (en kos kas) wil eet…? Wanneer Die Borsvoed “Munchies” Oorneem

Wanneer Die Borsvoed "Munchies" Oorneem

Die Oplossing

Gesonde melk “boosting” Oats happies! Ongelukkig het ek nie ‘n foto van die wat ek gemaak het nie, hulle was te vining opgeeet…

Spoiler: Dis oky vir manlief om hierdie lekkerny ook te geniet … hy sal nie begin borsmelk produseer nie. Maar sê gerus vir hom dat hulle hom sal as jy al die happies vir jouself wil hê. 😉 Dit sal ons geheim wees.

Hierdie ongelooflike sjokolade grondboontjiebotter oats happies word gemaak met eenvoudige bestanddele soos natuurlike grondboontjiebotter, dadels, chia sade, vlassaad en oats. Wanneer Die Borsvoed “Munchies” Oorneem

Wanneer Die Borsvoed "Munchies" Oorneem

Bestanddele

  • 1 koppie romerige, natuurlike grondboontjiebotter * (net grondboontjies + sout)
  • ½ koppie ontpitte Medjool dadels (ongeveer 6-7 groot ontpitte Medjool dadels) **
  • 1 teelepel vanielje-ekstrak
  • 1 eetlepel chia sade
  • 1 eetlepel vlassaad
  • 3/4 koppie oats
  • Jou gunsteling protein poeier, ek gebruik hierdie.
  • Donker sjokoladestafie (ongeveer 70%) (opsioneel)
  • Himalayan pienk sout (opsioneel)

Instruksies

  • Week die dadels 10 minute in warm water. Dit help hulle om sag te word om saam met die grondboontjiebotter en hawer te meng. Dreineer dadels na 10 minute.
  • Voeg grondboontjiebotter, geweekte dadels, vanielje, chia sade en vlasaad in ‘n voedselverwerker en pols tot goed gekombineer. Verwerk tot effens glad; daar kan ‘n paar dik stukke wees, maar nie te veel nie!
  • Voeg oats by en pols ‘n paar keer tot hawer effens in die deeg gekombineer is.
  • Druk die mengsel vas in ‘n broodpan gevoer met bakpapier.
  • Smelt die sjokelade en iet die giet oor die mengsel tot heeltemal bedek.
  • Los vir minstens 1 uur in die yskas en sny in blokkies. Strooi seesout oor (opsioneel). Bêre in ‘n toe bak in die yskas. Die happies sal tot twee weke in die yskas hou en tot 2 maande in die vrieskas.

Notas

* Gebruik gerus natuurlike romerige amandelbotter in die plek van die grondboontjiebotter.

** Wil u nie dadels gebruik nie? Ek het dit suksesvol gemaak met 1/3 koppie suiwer maplestroop (heuning sal ook as ‘n nie-veganistiese opsie werk) en hulle was heerlik.

***Voeg enige ekstas by waarvoor jy lus is!

Hierdie happies kan tot 2 maande gevries word! Stoor dit eenvoudig in ‘n lugdigte houer en ontdooi in die yskas. Wanneer Die Borsvoed “Munchies” Oorneem

Click here to read more from our BLOSS Kids Editor

Nicola Mostert

Kids Editor

Nicola is just an everyday wife and mom to her blue-eyed baby boy named Kyle. She's a 100% boy-mom, even though she plays the role of Data Analyst during the day. Or maybe about 99% ... about 1% she shares with her husband Cornè. She runs a budding blog called “Fynbos Drome en Seesand Voetspore” where she shares her love for both the ocean and the bushveld, favorite products, recipes and sometimes, just plain silliness. Most of the time at the expense of her husband… Follow Nicola as she tries to navigate life as a first-time mom, a wife and a woman, all while having a full-time job!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.