Vrug En Vars Gedrewe

Beaujolais

Vrug en vars gedrewe

As jong mens gesels ons soms oor groot drank feeste soos St.Patricksday in Ierland en Octoberfest in Munchen as ñ simbool van vryheid en genot. Ons deel staaltjies van kleiner feeste in Suid Afrika en praat met opgewondenheid oor die dag wanneer ons by ñ ikoniese drank fees kan besoek aflê.

Maar soos mens ouer word moet daar mos kultuur ook oorweeg word. Saam die vergryping aan drank moet jy en jou beter helfte kuns, kos en sogenaamde “bucket list” bestemmings in ag neem. Die druif Gamay kweek daardie inspirasie en opgewondenheid vir die perfekte fees en drink wyn.

Vrug En Vars Gedrewe

Aan die einde van Oktober begin die suidelikste gedeelte van Burgundy hul oes klaar maak en gereed maak vir bottelering om hul wyn mark toe te bring. Vars en vrugtige rooiwyne word dan einde November vrygestel reg rondom Europa in ñ resies om eerste te wees soortgelyk aan sekere van ons Sauvignon produsente.

Min geure is so bitter gal soos die woorde “Trots gebotteleer en vrygestel 22 Januarie #robertsonsauvignon” maar dit los ons vir ñ ander dag. Die derde Donderdag van November is dan amptelik Beaujolais Nouveau dag wat regoor Europa gesien word as een van die geselligste geleenthede van die jaar.

Dink konserte, dans vloere, aand geleenthede, straat kafees en tonne goeie kos! Vars rooi wynfees @Frankryk

Vrug En Vars Gedrewe

Alhoewel die fees uniek is, is dit dié wyn en styl van wynmaak wat ons as wyndrinkers, verlei. As ek die dame mag voorstel vars, hoër suur, laer tanniene en soveel vrug soos ñ foodlovers ingang. As gevolg van ons  klimaat vir groei en gebruik het wynmakers hul produksie toenemend begin toepas.

Een van die kenmerke van Beaujolais is dat daar in groot gedeeltes graniet en rooi graniet voorkom wat fantasties is vir die vrug komponent. Dan in sekere Cru gedeeltes is daar ook groter klei gedeeltes wat sorg vir meer struktuur in die wyn.

Vrug En Vars Gedrewe

Burgundy is baie bekend vir hul heel vrug koolstofmaserasie met Pinot Noir. Dit is gedeeltelik die rede vir, van die wêreld se elegantste wyne. As die suidelikste gedeelte van Burgundy as streek kan mens Beaujolais kenmerk deur beide gebruik en staat te maak van gedeeltelike koolstofmaserasie asook natuurlike gis. In Suid Afrika het produsente meer begin staatmaak op die metodes om meer kompleksiteit en elegansie in die glas te sit.

Chamonix se Feldspar Pinot Noir word 20 % van die oes die korrels hand geselekteer dan in groot sement vate vir 11 dae gefermenteer en in die finale produk vermeng.

Dit sorg vir Pinot Noir wat vrugtig is sowel as meer klassieke viooltjie en spesery geure. Nico Grobler, die Burgundy koning van Suid-Afrika,  het menigte kere al tyd spandeer in die beter appelasies van Burgundy.

Hy is tans gehuisves in Elgin en dit is hier wat die beste Pinot Noirs geproduseer word. Sy La Brune Pinot Noir maak gebruik tot en met 40% van heel vrug koue maserasie.

Maar is die wynmaak tegniek slegs vir Pinot Noir en Gamay? Glad nie! Plase begin toenemend met Grenache, Cinsault en self ons eie Pinotage speel. Chamonix se Greywacke Pinotage wys dat die kultivar by nader aan sy ma as pa is.

Die kruising van Pinot Noir en Cinsault laat mens wonder wie die pa regtig is. Deur die heel trosse vir 14 maande in staalvlekke metaal te fermenteer maak hul ñ wyn wat in sterk kontras is met die piesang boere wat groot Pinotage najaag.

Dit is ñ wyn wat in blinde proe baie kompleksiteit wys in die glas en absoluut bevange is saam kos. Die leiers van Pinotage, L’Avenir wys met hul Horizon Pinotage dat rooiwyn sonder enige hout veroudering die toekoms is vir ons warm somers.

Die wyn is basies soos om jou trou vrou te laat swem aan die Weskus, al kom sy koud uit die golwe is sy sommer nog mooier.

Stuur vir ons ‘n boodskap op Instagram by  @DieWynSnor  of ‘n  e-pos na  frits.brune@advinisa.co.za met die #perfekvirdesember.

Vrug En Vars Gedrewe

Jo & Frits

Wine Editors

DIE WYNSOR together with his partner in wine has more than 12 years of experience in the wine & food industry. They both have formal wine training through WSET and Cape Wine Academy. For these two wine fanatics, it started as a passion project and today they own their own wine agency, The Wine Pointer. Their passion for wine and those who love it just as much, comes from hours of reading, drinking and chatting. Your heart will tell you if you enjoy the wine - whilst we go on wine adventures together.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.