Tuisgemaakte Hummus, Maklik & Vinnig

Vir my klink dit soos die naam van ‘n nuwe mansparfuum wat geadverteer word waar ‘n model met gene wat nooit oud word, halfkaal op ‘n boot lê met ‘n blokkies maag wat lyk soos ‘n pak Castle biere hier by ons. En dan nog ‘n byskrif in dieselfde blou as die water agter hom: “Hummus pour Homme”.  Maar ek dink die ware jakob smaak lekkerder as my vuil gedagtes. Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig

Tuisgemaakte Hummus, Maklik & Vinnig

Hummus kom van die Arabiese woord ‘chickpeas’ (kekerertjies). Die het sy oorsprong in die midde-ooste en is maklik om te maak en kan met enigiets bedien word hierdie somer.

Maak dit self en sit dit voor met beskuitjies, koekies of ryskoekies (gesonder opsies). Jou gaste gaan dink jy is baie meer oulik as wat jy ‘n pak tjips uit die kas gaan haal en dit saam met ‘n yskoue glas wyn wil bedien. Op daardie noot; kaaskrulle en Chardonnay gaan NIE SAAM NIE! Jy gee dit vir ‘n kind en sê; loop speel.

Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig

Hummus is gepak met vesel, baie protein, vitamiene B6, en nog so paar ander antioksidante wat goed is vir jou.

Jy het die volgende nodig vir jou tuisegemaakte hummus-

  • 1 Blik kekerertjies
  • 6 knoffelhuisies
  • 1 t fyn komyn
  • skoot suurlemoensap
  • ¼ olyf- of druiwepitolie
  • sout en peper

Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig

Nou gooi jy als net so in jou elektriese ‘blender’. ZZZZRRRTTTT tot als gemeng is, en viola! Sit in ‘n vles in jou yskas.

Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig
Tobi se Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig

Bedien dit met olywe en olyfolie wat jy oorgooi.

Lees meer van ons BLOSS Kos Redakteur Tobi Jooste

Tuisgemaakte Hummus- Maklik & Vinnig

Tobi Jooste
Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.