Troukoek Dillema

Troukoeke word soms afgeskeep as gevolg van ander elemente wat oor die jare soveel meer belangriker geraak het, maar die troukoek is tot vandag toe nog een van die belangrikste elemente. Troukoek Dillema

Dit is die een element wat bruidspare nog nie kon uitlaat by hulle troudag nie, maar wel omskep in ‘n ander meer interessante vorm.

Troukoek Dilemma

Bruidspare gebruik hulle troukoek vir daardie mooi foto geleenthede wanneer die bruid en bruidegom saam die eerste sny koek sny.

Dit vorm deel van n eeuelange tradisie, maar omskep jou troukoek in n vorm wat julle persoonlikhede weerspieël en gaste se smake sal komplimenteer.

Hier is n paar troukoek idees:

1. “Croquembouche” toring

Troukoek Dilemma

2. Kaneelrol met roomkaas vulsel

3. Individuele koek bakkies

Troukoek Dilemma

4. “Macaroon” toring

Troukoek Dilemma

5. Klein individuele koeke

6. Kaaskoek

Troukoek Dilemma

7. “Donut” toring

Troukoek Dilemma

8. Lekkergoed stasie

9. Kolwyntjie tafel

Troukoek Dilemma

Dinge om te onthou

Geure en vulsels:

Wanneer daar geure en vulsels vir jou troukoek gekies word, probeer eksperimenteer met verskillende geure.

Of dit nou kolwyntjies, lekkergoed of n 3 laag troukoek is, bedien verskillende geure om aan soveel as moontlik gaste se voorkeure te voldoen.

Verskillende opsies:

Indien jy nogsteeds daardie foto geleentheid soek waar jy en jou geliefde die troukoek sny, kry eerder n klein een laag koek wat julle kan sny en bedien dit dan saam n ander nagereg opsie wat jou gaste sal verorber.

In plaas daarvan om n groot troukoek te bestel wat gaste dan nie eet nie.

Bedien jou troukoek:

Sommige bruidspare het die idee dat die troukoek net gesny, gebêre en huistoe geneem moet word. Maar in vandag se tye is troukoeke soveel duurder.

Vra jou sjef om die troukoek vir jou in klein happies te sny en op borde te plaas. Bedien dan jou troukoek as n nagereg happie aan jou gaste.

Wegneem opsie:

Soms eet gaste hulle versadig aan die lekker voorgereg en hoofgereg dat hulle nie plek het vir die nagereg nie.

Verskaf wegneem bakkies wat gaste dan kan gebruik om van die nagereg (wat ookal dit dan mag wees) kan huistoe neem. Dit kan ook as jou geskenkie aan gaste dien.

Troukoek Dilemma

Ek hoop ek het julle geïnspireer om buite die troukoek boks te dink…

Troukoek Dillema

Amere Prinsloo

Wedding Editor

Floristry, weddings and family are the 21-year-old Ameré Prinsloo's key to her happiness. Originally from the Free State, she is now an Events Management graduate from The Aleit Academy. With many experiences in every aspect of the industry, she has bigger dreams for her future. She describes herself as creative, loving and the one who does not miss a braai opportunity.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.