Totsiens Tannie Elize

Na meer as vier dekades in die vermaaklikheids-wêreld op die ouderdom van 68 en ‘n enorme stryd teen longkanker rus Tannie Elize nou sag sonder enige pyn.  ‘n Fenomenale vrou en skerp humor-sin was nog ‘n ruk gelede 67% skoon van kanker… en toe versprei dit weer. 

Totsiens Tannie Elize
Fotos:- Donnalee Roberts

Uiters professioneel, het sy honderde radiodramas, reekse, tv reekse , rolprente en verhoogproduksies gedoen. Elize Cawood kon soos min ander, onder ‘n karakter se vel inklim, omvorm , tot ‘n totaal ander wese, ‘n volronde karakter.

Haar mees “famous” televisie rol was verseker die van Pop in Verspeelde Lente (1984) en op die silver skerm teenoor Maruis Weyers en Peter Sepuma as die ryk Afrikanse vrou in Taxi to Soweto.

Elize se mees onlangse produksie, ‘Narkose’ saam met haar man Wilson Dunster was ‘n Tour De Force en was wêreldklas. Hul spel, ervaring en deurleefdheid het gehore asemloos gelaat.

Totsiens Tannie Elize
Fotos:- Donnalee Roberts

Sy het haar in elke karakter wat sy vertolk het, ingeleef en haar hart voor die kameras uitgestort. Sy was nooit bang om met die karakters na daai emosionele plek te gaan nie – sy doen dit net.

Om mense te laat lag het haar in ‘n koue sweet laat uitslaan.

Totsiens Tannie Elize
Fotos:- Donnalee Roberts

Dis met ‘n knop in die keel en trane wat vlak lê wat BLOSS Media totsiens sê aan ‘n  IKOON in die Suid Afrikanse vermaaklikheids-wêreld – Totsiens Tannie Elize.

Ons gebede gaan uit aan haar man Wilson, haar kinders, Jenna & Luke en haar beroemde regisseur broer , Bromley Cawood.

kykNET – Elize Cawood Memoriam

Elize is vroeër vanjaar by die kykNET Fiëstas vir haar lewensbydrae as teater-, film- en TV-legende vereer. Hier is die commendatio deur haar goeie vriend, Gerrit Schoonhoven.

Elize Cawood Memoriam

"Suid-Afrika het ‘n formidabele vrou en kunstenaar verloor. Elize Cawood se deurleefde karakters en vertolkings op die verhoog, die radio, in film en op televisie sal ons altyd by bly. Haar voortydige afsterwe is ‘n groot verlies. Ons innige medelye aan Wilson, Jenna, Luke en die familie." – Karen MeiringElize is vroeër vanjaar by die kykNET Fiëstas vir haar lewensbydrae as teater-, film- en TV-legende vereer. Hier is die commendatio deur haar goeie vriend, Gerrit Schoonhoven.

Posted by kykNET on Saturday, 18 July 2020

 

Read more BLOSS Real Life Stories

Trudi Stander
Trudi Stander

Business Development Manager & Real Life Editor

Trudi Stander, our Business Development Manager and head of our BLOSS Brand ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 10 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.