Tobi Se Pesto- & Ertjiesop

Met somer wat oornag die duvet van ons lywe kom afruk het, is daar niks beter as ‘n lekker somersop nie.

Ons het grootgeword met groentesop met stukke wortels wat dryf soos lyke op die Ghandirivier. Of Ouma se ertjiesop wat so dik was, jy’t ‘n keelgat soos ‘n stormwaterpyp nodig gehad. Tobi Se Pesto- & Ertjiesop

Hierdie resep van my is lig en kan warm of koud bedien word! En jy het net ‘n pak gevrieste ertjies nodig wat daar altyd in jou vrieskas moet wees vir wanneer die president dalk gaan praat.

Tobi Se Pesto- & Ertjiesop

Pesto- & Ertjiesop

Bestandele:-

375 gevriesde ertjies

750 ml water

½ t suurlemoensap

½ t sout

2 Sprietuie

4 eetlepels Pesto

Metode:-

  1. Maak die ketel vol en kook jou water. Dis die vinnigste. Gooi die kookwater in ‘n pot.
  2. Voeg die gevriesde ertjies, sprietuie, sout en suurlemoensap by en laat hulle lekker borrel vir so 10 min.
  3. Haal die sprietuie uit en gooi alles in die voedselverwerker saam met die Pesto en meng goed. (Laat net eers effens afkoel, anders bou daar drukking op soos ‘n bloedklont in ‘n ouetehuis, en dan skiet jou storie dak toe!)
  4. Bedien met vars kruie en baie swartpeper.

TIP: EK maak dit lank voor die gaste arriveer en gooi dit in ‘n koffiefles om warm te bly. Dis dan malik en vinnig om net in die sopbakkies te gooi. Elders kan jy dit laat afkoel in die yskas en as ‘n kouesop voorsit. Beide is heerlik.

Vir meer resepte van ons Kos Redateur kliek hier

Tobi Se Pesto- & Ertjiesop

Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.