The Travel Bug

Gewoonlik skryf ek oor die nuutste voertuie maar vandag deel ek ‘n storie, ‘n goed voel storie!

Die Travel Bug. Ons is n jong avontuurlustige paartjie met ‘n baba seuntjie van 8 maande oud. Ons hou daarvan om in die moeder natuur te wees en ons prag land te verken.

Ons albei werk hard deur die week sodat ons ‘n lekker naweek het om nog meer van ons land te verken. Ons is die paartjie wat in ‘n dorp sal kom en as daar ‘n winkel is wat baie oulik lyk sal ons daar binne gaan en met die mense gesels en hulle leer ken.

Bv. in Middelburg is daar ‘n Horlosie winkel ons het ‘n uur lank met die oom gesels en van horlosies geleer; van die mees modernste horlosie tot die oudste horlosie en ook die waarde van horlosies.

The Travel Bug

Ons geniet dit om met ons mense te gesels. Al neem hulle net ‘n foto saam die (Travel Bug) volla. Dit maak ons harte so warm om mense te sien wat die liefde het vir ou karre en die land te verken soos ons doen.

Ek het oorspronklik my Ford bakkie verkoop om ‘n VW Amarok te koop ( familie kar). En so loop die storie oor The Travel Bug;

The Travel Bug

Ek versamel ou Volkswagen karre al van ‘n baie jong ouderdom af. Vroeg die jaar was ek op die uitkyk gewees vir nog ‘n Volksie om meer spesifiek te wees ‘n 1960’s model.

Na ‘n redelike soektog het ek een gekry nie te ver van waar ons woon nie. Die verkoper was in Vanderbijlpark, ek en Mineon het eendag na werk gou gaan kyk na die Bug. Dit was toe n 1960’s Bug wat gebou was as n replica van die KDF – wagen. Die verkoper het my bewus gemaak dat hy twee Bug’s in die mark het.

Die KDF – wagen en die 1960’s Bug in Bloemfontein. Sonder om die Bug in Bloemfontein te sien het ek buide die voertuie gekoop. Was ek skepties oor die kar in Bloemfontein, ja natuurlik maar ek het net die positiewe raak gesien. Die 14de Mei het ons met eopgewonde glimlagte af gery Bloemfontein toe om die Bug te gaan haal.

Ek het die roete vooraf beplan. Hoe ons gaan ry en waar ons gaan stop. Ons het die Bug wat 20 jaar laas geloop het eers laat diens voor ons begin ry het met hom.

Die Travel Bug Roadtrip

Die Travel Bug was reg vir die roadtrip! Vanaf Bloemfontein na Fouriesburg het ons gereis sonder enige probleme. Ons het wel opgetel dat vanaf Fouriesburg dat die Bug begin stadiger loop het en daar gaan staan ons vir 20 minute en besluit toe maar om die sons-ondergang te bewonder.

Die probleem was toe ‘n swak petrol pyp konneksie op die Bug. Na iemand ons kom help het in die donker nag langs die pad het ons weer lekker rustig Clarens toe gery. Ons het twee Olifante en n tierboskat en ‘n kasteel gesien wat vir ons baie asemrowend was. Volgende oggend wakker geword by paddock gastehuis in Clarens, gepak en toe weer begin reis.

Volgende oggend was ons by die huis en ons het dadelik seker gemaak dat sy kan ry. Ek en Mineon het gesit en dink aan ‘n naam en op The Travel Bug af gekom. As enige iemand ons langs die pad sien,waai vir ons druk die hooter of stop en vat ‘n foto of kom gesels met ons. Ons is opgewonde saam julle. Daar het ‘n dame met ons Parys toer ons gestop langs die pad en gevra of ons die Travel Bug Couple op facebook is?

Dit was ‘n LEKKER GEVOEL, sy het ‘n foto gevat en ons gevra oor Joshua ons babatjie waar hy is ( maar hy moes by sy ouma hulle kuier omdat dit bietjie te koud was anders het ons sy kar stoeltjie in die volla gesit en hom saam gevat). Daar is mense daar buite wat sê ons is laf… Ja ons is LAF genoeg om die REIS aan te pak dis n belewenis, WAT NIEMAND BY JOU KAN WEGNEEM NIE!

Daar is al ‘n paar plekke wat ons genader het om by hulle te gaan kuier, restaurante en gasteguise so as iemand wil he ons moet by hulle kom kuier maak met ons kontak op ons Facebook Blad – The Travel Bug SA

The Travel Bug

Hou ons Facebook blad top vir nog baie opwindend goed wat kom asook waar ons volgende heen gaan toer. Volg gerus die avonture van Jacques, Mineon en hulle seuntjie, Joshua al drie saam in die Travel Bug!

Ek weet nie van julle as lesers nie maar die laat my weer glimlag en uit sien na die dag van môre! Maak nie saak hoe klein daar is altyd iets om oor te glimlag en te waardeer!

Meer oor ons motor redakteur – Motoring Editor.

 

 

Kenneth van Zyl

Cars Editor

Kenneth van Zyl is a digital entrepreneur, International Film Editor, professional photographer and cinematographer and also has a background in marketing and Public Relations for some of South Africa’s International vehicle brands. Sometimes you just have to find the adventure within and enjoy every moment of it!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.