Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Thalita & Gustav – Sprokiesland Troue

Hierdie twee Hoërskool geliefdes het definitief daardie warm liefdes vlam wat brand en die kleurskema en atmosfeer van hulle spesiale dag weerspieël dit so mooi!

Vanaf familielede wat kon Gin stook, musiek maak, dekor en blomme doen, rokke ontwerp, ringe maak, fotos neem en soveel meer – kon hierdie paartjie hulle droom troue ‘n realiteit maak.

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Vertel my ‘n bietjie meer van jou en Gustav?

“Ons is, soos almal dit noem; “Highschool Sweethearts”. Ons het einde 2015 mekaar by ons skool se koorkamp ontmoet. Daarna het ons, ons goeie en slegte tye gehad, maar deur alles het ons geweet wat elkeen van ons se hartsintensie en doelwitte was. ”

“Gustav het my toe op 8 Augustus 2020 gevra om te trou. Dit was ook ons 4-jaar herdenking gewees en hy het dit op so manier verskuil sodat ek nie skepties kon raak nie. Ons het vir die dag na ‘n natuurreservaat toe gegaan waar ons ‘n piekniek gehad het en ‘n staproete geloop het.

Hy het dit gestrek tot heel aan die einde van die dag waar hy op sy regter knie gegaan het,  net toe dit die “golden hour” van die dag was. Daar was ‘n plekkie voorberei met ‘n gedekte tafel met my gunsteling kos en vonkelwyn.”

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Wat was die visie en atmosfeer vir julle troudag?

“Ons visie was om ‘n fees en ‘n dag van aanbidding saam met almal te hê. Met vriende en familie het ons alles in ons vermoë gedoen om seker te maak dat die dag ‘n sukses sou wees. Op die dag het ons besluit om elke gebeurtenis in die Here se hande te plaas.

Ons wou graag streef daarna om ‘n kalm atmosfeer by die troue te hê. Dit was vir ons belangrik om ‘n “stress-free” omgewing te skep waar almal hulleself ten volle kon geniet. ”

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag
Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Vertel my meer van julle kleurskema, dekor en blom inspirasie?

“Ons het al lankal geweet dat ons aardse kleure wou gebruik en alles baie omgewingsvriendelik wou maak. Dus het ons die dekor, blomme en kleurskema rondom dit beplan.

Ons wou ook natuur as ons hoof fokus gebruik sonder om alles aan te koop. Ons het meeste van ons dekor in Mosambiek gekry, ons wou graag die plaaslike inwoners ondersteun. Die pluimgrasse, palms en grasse het ons langs die paaie gepluk en versamel”

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Mosambiek het ‘n baie spesiale plek in julle harte. Vertel ons meer?

“Gustav se pa het 10 jaar terug grond gekoop en het stadig maar seker ‘n lodge ontwikkel. Ek en Gustav is albei mal oor die see en wou graag op een van die sandduine die seremonie gehou het en die onthaal by die lodge gedeelte gedoen het.

Ons wou graag daar trou omdat dit sentimentele waarde dra, maar as gevolg van Covid regulasies moes ons die troue in SA hou. Ons kon ook nie soveel van die natuur gebruik soos wat ons oorspronklik wou nie, maar het nog steeds daarna gestrewe.”

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Wat het vir julle uitgestaan van julle troudag en wat was vir julle spesiaal?

“Dit was vir ons die grootste seëning gewees om te sien hoe bereidwillig almal was om tot op die laaste sekonde te help en as gevolg van al die harde werk wat ingesit was, kon ons elke oomblik op die troudag geniet.”

“Die emosionele en morele ondersteuning van albei kante, het ons gehelp om deur te druk en ‘n reuse sukses van ons troudag te maak. Die seremonie was definitief ons hoogtepunt gewees, dit het werklik gevoel soos ‘n sprokiesverhaal. ”

Enige raad vir toekomstige bruide?

“Onthou om altyd die groot prentjie in gedagte te hou. Probeer om nie te veel stres en angs in al die gedetailleerde goedjies te plaas nie, want eintlik is die dag net vir een doel en dit is om uiteindelik saam met jou man die lewe deur dik en dun aan te pak.”

Service Providers:

The Venue, Staffing & Food: @Florence Guest Farm and Wedding venue

Photographers: @Marissa Venter en @Bravo-Photography

Makeup: @Flawless Makeup by Dominique

Printing: Pressed Ink Signs

Wedding dress: @Sandra Pretorius en @Caren Pretorius

Bridesmaids dresses: @Carol Neethling

Decor:  @Estelle Venter & @TinyCuddles

Flowers: @TinyCuddles 

Gin: @Gustav Snr Lutz en @Esme Lutz

Design: @Elizabeth van der Linde

Groom Wedding ring: @Stephanus Venter

Bride wedding ring: @Firefly Jewelers

Wedding Planning: @Catja Coetzee

Band @Christo du Plessies, @Chris Boshoff en @Erick Fourie

DJ: @Dewald van der Linde

Candles: @Clover Leaf Candles

Macrame: @Ubd_Creations

Cheesecake: @Cheese Gourmet

Nails: Nailed It Mobile Salon

Hair: Techno Hair 

Gowns: Muisneste

Thalita & Gustav se Sprokiesland Troudag

Amere Prinsloo

Wedding Editor

Floristry, weddings and family are the 21-year-old Ameré Prinsloo's key to her happiness. Originally from the Free State, she is now an Events Management graduate from The Aleit Academy. With many experiences in every aspect of the industry, she has bigger dreams for her future. She describes herself as creative, loving and the one who does not miss a braai opportunity.

2 Comments
  1. Dit was werklik ‘n sprokie van ‘n troue! Dit was regtig ‘n eer om die dag met die paartjie te kon deel!

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.