Sjokolade, sjokolade en nog meer sjokolade … Stellies Se Sjokolade Juweel
Die Storie van Winston & Julia
“Julia het ‘n sjokolade “slab”gemaak en dit in die helfte gebreek en vir Winston ‘n stukkie gegee. Nog voordat Winston dit kon proe het hy die sjokolade geruik en net geweet, dat die sjokolade is iets buiten gewoon.
Die stukkie sjokolade was donker en het geblink. Waar het jy die sjokolade gekry? Het Winston vir Julia gevra.”
“Winston en Julia” se naam was geinspireer deur George Orwell se novel wat in 1984 geskryf was. Net soos Winston ‘n besonderse sjokolade ervaring gehad het met Julia se onvergeetlike sjokolade, streef Winston and Julia daarna om vir hul kliente die beste sjokolade te vervaardig maar ook om alle sjokolade liefhebbers te inspireer.
Nini Jerman, kreatiewe direkteur, entrepreneur en eienaar van “Winston and Julia” en “Stir it Up”, het die winkel oopgemaak in die middel van die werêld wye Covid Pandemie, waarvoor baie min mense sou kans sien.
Ons is trots op haar! Die dekor is minimalisties, informeel en “quirky” met hout meubel stukke, baie kleur en die mooiste “shwe – shwe’ materiale wat hier en daar herhaal word in die interieur.
Stellies Se Sjokolade Juweel
Mens voel sommer gelukkig as jy in die pragtige geboutjie instap en Nini se sjokolade ruik met al die helder kleure wat triomfeer tussen hangende plante, en ‘n gras groen uitsig wat na die oewer grens!
Nini sê, dat haar grootste “kick” in die lewe is “om nuwe produkte te ontwerp van “ scratch”af en die hele proses deur te voer totdat die produk op die rakke is.
Die sjokolade juweel is geleë in Lyndoch op die R310 pad in Stellenbosch waar hulle verskeie werkswinkels aanbied vir almal.
Die werkwinkels kan aangepas word om ‘n unieke evaring te verseker, of dit nou ‘n verjaarsdag, opkomende troue, mylpaal wat gevier word, of selfs net ‘n goeie verskoning is vir ‘n “lekker kuier! “.
Kyk gerus op hul website na die truffel, rooibos tee en koffie werkswinkels.
Die Desember vakansie het uitendelik aangebreek!
Doen jouself ‘n guns en vat jou familie op ‘n lieflike uitstappie na “Winston and Julia” en kom wees kreatief met luukse, gesmelte sjokolade! Nini se tuisgemaakte resepte proe uniek en sy het fantastiese, “vegan free”, “wheat free”, “gluten free”, “additive free”, “”stabilizer free”, “preservative free” souse op haar rakke vir die wat na hul somer lyfies kyk.
Die produkte word van “scratch” af gemaak, en is nie ‘n formule’s uit ‘n labratorium nie, tot die toffie in die sjokolades word met die hand gemaak.
Sjokolade is daar om gevier te word!
Geskryf deur Marilize Anderssen, BLOSS Decor Redakteur
Stellies Se Sjokolade Juweel