Sonsopkoms Tussen die Apiesdoring

Verlang jy bos toe?

Begeer jy om jou vroeg oggend alarm te verruil vir die geblaf van ‘n opgewonde Zebra. ‘n Diep-oranje sonsopkoms wat tussen deur die Apiesdoring skyn. Ek ken ‘n paartjie wat dit graag wou doen tenspyte die komplikasies daarvan. Nou bied hulle die geleentheid vir jou om dit saam met hulle te kan beleef.

Die Galago’s Nest droom

“Galago’s nest chalets” is geleë in die vakansie-oord van Marloth park. Wat grens teenaan die Krokodil Rivier in die Kruger Nasionale Wildtuin. Die stukkie Hemel is in September van 2019 deur Glen en Liesl du Plessis gestig. Hulle het hul voltydse Pretoria beroepe agter gelaat om die droom van ‘n Safari Lodge moontlik te maak.

Rustyd In Die Bos...

Akkomodasie vir die meer “laid-back” tiepe.

Die 5 selfsorg eenhede wat tot 21 slaap is elkeen ingerig met sy eie oopplan kombuis, en-suite badkamers en lugverkoeling. Elke eenheid is ontspanne, alhoewel eenvoudig ontwerp met oop grasdak kappe, cemcrete afwerkings en spierwit beddegoed.

Beleef dit…

Die perseel bied ‘n unieke belewenis van direkte aanraking met die natuur en wildslewe van die omgewing omrededie diere vry leef in die park. Alhoewel die eiendom sentraal van Marloth gelee is kom diere soos Zebra’s, Bokke, Kameelperde, Blouwildebeeste en selfs vlakvarke geereeld inloer. Sowel as ‘n 10 Meter swembad geraam deur groot bome en rustigheid vanself. ‘n Regte bederf tydens die warm klimaat wat Mpumulanga reg deur die jaar bied.

Rustyd In Die Bos...

Glen is ook die eienaar van “Southern Kruger Safari’s” wat sy gaste sowel as Marloth park besoekers deur Lionspruit en die Kruger Wildtuin op gamedrive roetes neem. Hulle oop dak veld-voertuig bied die geleentheid om 4×4 beperkte paaie te vat en soveel meer van die rivier en diere raak te sien.

Rustyd In Die Bos...

Aangenaam verras

Beide Liesl en Glen in aangenaam, gasvry en baie lief vir die bos. Hulle intensie is om gaste gelukkig en tevrede te hou. Asook om herhinneringe saam te neem op die dag wat hulle vertrek. My persoonlike ervaring by Galago’s Nest was defnetief ‘n belewenis van rustigheid en ontspanning veral met die sonsopkoms tussen deur die Apiesdoring!  Landskappe in die omgewing is natuurlik vreeslik groen en dig op die oomblik as gevolg van al die Februarie reën. Dit is nie iets wat gemis kan word nie.

Alhoewel DIE keuse van wegbreek sowat 4 ure van Pretoria af is, is dit bekostigbaar en beslis die moeite werd. Besoek graag hulle Facebook blad ” Galago’s Nest Bush Chalets”  vir meer inligting en besprekings.

 

 

 

Carmen Hosten

Decor Editor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.