SNOBMilano Launch in SA!

Italiaanse sonbril brand SNOB Milano het offisieël in Suid-Afrika gelaunch en ons was daar om te gaan kyk na die opwindende en innoverende reeks.

Die brille, wat in Varese, Italië produseer word, bied ‘n mengsel van Italiaanse vervaardiging kennis, tegnologie en die kreatiewe mode kultuur waarvoor Milan so bekend is. Die stylvolle reeks is ontwerp met ‘n twee masker lens: Die spesiale kurwe van die glas saam met die bril ontwerp gee spesiale refleksies en effekte.

Wat vir my uitgestaan het is die moderne kleure en absolute ligtheid van die brille. Die styl pas by enige gesigsvorm en persoonlikheid.

Tzvia Hermann, stigter en mede-eienaar van Beautique Distribution, verduidelik dat sy verlief geraak het op die brand na sy ‘n vakansie in Italië deurgebring het. Sy het ‘n paar gekoop en met haar terugkoms na die land van son en biltong, het sy besluit om die brand na die Suid-Afrikaanse mark te bring.

Die dinamiese SNOBMilano bril kom met magnetiese songlas lense, wat elke bril van ‘n sofistikeerde leesbril tot ‘n pragtige sonbril verander. Die lense kom in verskillende kleure, van cherry tot roos goud, klassieke swart, groen en metallic.

Het jy al jou SNOBS gekry?

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.