Snip-Snip & Rissiepit

Snip-Snip het Rissiepit, Rochelle die land aan die brand.

Snip-Snip & Rissiepit
Snip-Snip & Rissiepit

My ouma het altyd gesê as sy moes kies tussen die brandende gevoel wat die seer van die lewe soms na jou kant toe gooi of ‘n bakkie koue rissies; gee my ‘n groot lepel dat ek dadelik begin eet!

So maak ons elkeen planne met ons lewens, besighede, ens. Fyn en perfek uitgewerk. Begrotings, werksgeleenthede, ens. Dan net sodra jy dink jou bloudruk vir die die toekoms is foutloos, soomloos en piekfyn uitgewerk, kom daar ‘n groter mag, ‘n groter God en lag vir jou idees, want Hy het iets warmer vir jou in gedagte.

Dan moet jy met toe oë, luister. Nogal twee moeilike sintuie om om te ruil.

En so werk Rochelle Fourie en haar man se planne in Pretoria nie presies uit soos wat hul gedink, beplan en gedroom het nie. Hul verkoop hul boodjie, pak op hul goedjies en sê, koebaai Pretoria. Pretoria, sê, Good bye….

Met ‘n gesin, ervaring in die kosbedryf en ‘n warm passie soos ‘n varsgeplukte rissies, besluit Rochelle en haar man, Gericke; die Here het belowe hy maak ‘n deur toe sodat die wind nie deur die huis kan trek nie. En net voor ons dink ons gaan versmoor sonder suurstof in die huis, lig Hy ‘n knip van ‘n venster. Die suurstof maak gedagtes vars en nuwe geleenthede vloei soos olie oor die gesig en baard van Aäron.

Snip-Snip & Rissiepit

Haar nuwe besigheid is vuurwarm! Letterlik en figuurlik. Sy het besluit haar passie vir die lewe en ‘n droom gaan sy met ope arms aangryp. Maar met slegs een reël in haar nuwe besigheid: moet nie aan jou oë vryf nie…!

Skaar’s ‘n maand nadat sy haar eerste brandrissie oopgesny het, spat die pitte die land vol. Die Fouries het nou hul eie besigheid, Rissi-pit!

Snip-Snip & Rissiepit

Geinspireerd deur ‘n varsgroentemark net af in die pad, het Rochelle Fourie die geleentheid raakgesien in die warm tye waarin ons ons tans bevind. Oornag toe staan die organies-gekweekte brandrissies, kniehoogte. In haar kombuis spat die pitte, olie, brekers, geure en kleure.

Vandag is Rochelle gehuud met ‘n rissie en die verhouding gaan van krag na krag. Haar kinders help pluk. Haar man bak brode uit die hemel en hierdie familie moet julle dophou. Ina Paarman het ook in haar kombuis begin en as jy nie weet wie sy is nie; Bill Gates se eerste rekenaar is in ‘n motorhuis gebou… ‘n Kontrete bewys dat God voorsien en hulle met twee vissies en vyf brode – natuurlik bedrup met botter en rissiesous, ‘n tuisbesigheid op die been kon bring. As jou geloof so warm soos ‘n rissie is, sal daar altyd voorsien word.

Maak seker jou winter bly warm deur al haar produkte in jou ys- of koskas te hê. Sy maak Rissieolie, Rissiefklokkies, Rissiepeper, Rissiesous, Rissiemayo en nog vele meer. Als organies en handgemaak, gemeng en verpak. Selfs pa en die kids help! Wys jou, dit kan gedoen word.

Skud die koue af met hierdie maklike resep:

Hargdekookte eiers met vars brood. Drup bietjie rissieolie oor en fyngekapte, vars koljander. Eet soos jy voel – HOT, babes!

Snip-Snip & Rissiepit

Die Fouries het die kole wat die lewe na jul kant gegooi het gegryp en nog warmer gemaak. Vandag spog hul met ‘n eksklusiewe produksiereeks wat jy maar gerus langs jou sout-en-peperpotjies op die kombuiskas kan hou.

Snip-Snip & Rissiepit

Nie net weet jy eerste van hierdie nuwe witwarm produkreeks waarmee jy by jou vriende met jou warmgeregte kan spog nie, maar help jy ook ‘n familie, nes joune, wat die lewe vierkantig in die oë kyk en lemonade gemaak het met die suurlemoene wat die lewe gegooi het. (Wel, rissies in dié geval.)

Ek het altyd gedink my ouma bedoel ek is hardekoejawel wanneer sy gesê het: “Jy’s ‘n regte Rissiepit!” Tot ek moes grootword om te leer ‘n Rissiepit is ‘n geestelike persoon wat vertrou op intuïse vir besluitneming.

Rochelle, jou ou Rissiepit! Mag jy Suid Afrika nog lank aan die brand hou!

[Maak Rochelle jou rissievriendin, sommer nou. Haar nommer is 082 924 4406 of stuur vir haar ‘n epos na rochelle.fourie@icloud.com] Snip-Snip & Rissiepit

Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.