Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020

Mosselbaai se pragtige Simonè Koen is Maandag-aand, 28 Desember gekroon as die heel eerste Mej. Hartenbos Seefront in samewerking met BLOSS Tydskrif.

Die hoogtepunt Maandag in Hartenbos waarna almal uitgesien het was die groot galageleentheid toe Mej. Hartenbos Seefront 2020 gekroon is met Sorina (aka die Flooze) as aanbieder.

Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020
Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020

Nie net is die 18 jarige Simonè Koen gekroon as Mej. Hartenbos Seefront nie, sy is ook die trotste titel-houer van die kompetisie se Mej. BLOSS Persoonlikheid van 2020. Met haar sprankelende persoonlikheid en positiewe gesindheid is sy mal oor draf, fietsry, swem, netbal en modelwerk.

Sy glo dat aanhouers wen en as jy hard werk sal jy altyd jou doewitte bereik en jou drome waar maak. Simonè lewe elke dag voluit. Die belangrikste vir haar is om net haarself te wees. Sy wil net Simoné Koen wees wat eendag ‘n verskil wil maak in Suid Afrika om behoeftige mense te help.

Nicole & Tharin is twee waardige Prinsesse vir Mej. Hartenbos Seefront 2020

Daar was geen tekort aan skoonhede wat gekroon is op die aand nie.  Die 22 jarige Nicole Basson van Pretoria is gekroon as 1ste Prinses. Sy gryp elke uitdaging wat na haar kant toe kom met albei hande. Haar motto- “bloom where you are planted”. Sy strewe daarna om ‘n rolmodel vir jong kinders te wees nes haar ma nog altyd vir haar is.

Tharin Grobler, die lang 22 jarige blondekop van Kimberley is gekroon as 2de Prinses. Energiek, liefdevol en avontuurlustig is hoe sy haarself in drie woorde opsom. Haar hart lê by minderbevoorregte kindertjies. Sy is mal oor die see, spesifiek Hartenbos en Tharin is oortuig sy moes eintlik ‘n meermin in die Tuinroete se waters gewees het.

Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020
Tharin Grobler (2de Prinses), Simonè Koen (Mej. Hartenbos Seefront 2020) & Nicole Basson (1ste Prinses)

Die beoordelaars van die heel eerste Mej. Hartenbos Seefront kompetisie het glad nie ‘n maklike taak gehad nie…

Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020
Kiki Smit, Melody Alers, Marelize Earle, Denise Lloyd & Annemie Willers

Die program het die beoordeling van Mej. BLOSS Lesers-keuse (Nicole Basson), Mej. BLOSS Persoonlikheid (Simonè Koen), Mej. BLOSS Fotogenies (Marzaan Greyling) en Mej. Hartenbos Seefront Deelnemers-keuse (Klariska Broxham) ingesluit.

Behalwe vir Mej. BLOSS Lesers-keuse wat deur ons lesers gekies is en Mej. Hartenbos Seefront Deelnemers-keuse wat deur die finaliste self gekies is, was dit die beoordelaars se werk om die ander twee (Mej. Fotogenies & Persoonlikheid) te kies.

Die geleentheid is gechoreografeer deur Melody Ralph-Alers van Steps Dance Academy in Hartenbos. Sy het die gaste in ‘awe’ gehad met die “opening scene” waar die finaliste van agter in die saal ingekom het en die gaste beindruk het met hul lekker dans-passies.

Swemdrag geborg deur Atlantis Beach Wear – Hartenbos Seefront

Dinette Wessels en haar span van D Studio wat die meisies se hare en grimering gedoen het, het hul goed van hul taak gekwyt met die verskillende “scenes” (swendrag, dagdrag en aanddrag) wat deel van die kroningsaand was.

Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020

Sorina, ons gasvrou en aanbieder vir die galageleentheid saam met Brighitte Deister & Mordegai Erasmus het gesorg vir heerlike vermaak deur die aand.

Sorina, Brighitte Deister & Mordegai Erasmus
Pappie… ja jy (Sorina praat met jou) jou meisiekind moet so staan. Regop… borste uit… boude in… heupe so en onthou die been nê. Reg vir foto!

BLOSS Tydskrif en die Hartenbos Seefront wil baie dankie sê vir Nation Events vir die klank en beligting, Delucia Swannepoel van Cioa Bella Photograpy en Grey Stopforth vir die fotos.

Ook ‘n groot dankie aan al die borge wat help het om die heel eerste Mej. Hartenbos Seefront kompetisie so groot sukses te maak.

Mej. Hartenbos Seefront 2020 Borge

Finalis Borge
D Studio Mossel Bay | SashPro SA | FOODZ Mosselbaai | BioSeal | Figleaf | Winston & Julia | Untamed Wolf | GEO + U | ZOET | Katryn se Geheim | Hartenbos Travel | BLOOM Creations | Malinki | Front De Mer Beaute | MIES Natural Body Products | Buff It Up & LIMITLESS

Mej. Hartenbos Seefront 2020
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty | Atlantis Beach Wear | Babsi & The Sunflower | Hartenbos Solders | Malinki

1ste Prinses
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty | Atlantis Beach Wear | Babsi & The Sunflower | Hartenbos Solders

2de Prinses
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty | Atlantis Beach Wear |Babsi & The Sunflower  | Hartenbos Solders

Deelnemers-keuse
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty | Ronelle Stopforth – Seed to Seal Oils

Mej. BLOSS Persoonlikheid
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty

Mej. BLOSS Fotogenies
SashPro SA | Basic Essentials | ZOET | Batesba Body Products | Cosmetix Beauty

BLOSS Lesers-keuse
Harti’s Sjiek | ZOET | Malinki | Annemarie Dellemijn- Aloe Ferox | Babycakes Chocolate

Galageleentheid Borge

Nation Events – Klank & Beligting
Diane Nel & Beauty and the Best – Krone
Steps Dance Academy – Choreografie
Ciao Bella Photography – Funksie Fotograaf
Salt & Copper – Finaliste & crew se ontbyt
The Calm Water Co – Beoordelaars
Wendy Stiglingh Makeup Artist – Beoordelaars se grimering
Harti’s Sjiek – Beoordelaars geskenkies
Bella Beaute Salon – Beoordelaars se hare
Dandelion Handcrafted Tea – Beoordelaars
Cheerful Heart
Lisa Smit Makeup Artistry 

Vir meer fotos gaan loer gerus op Mej Hartenbos Seefront se Facebbok blad

Simonè Koen, Mej. Hartenbos Seefront 2020

 

Trudi Stander
Trudi Stander

Web and Ambassador Editor

Trudi Stander, our Web Editor and head of our BLOSS Brand Ambassador program is a strong woman who faces life with no fear, fights for what she wants, and don’t care what people say about her. She is a businesswoman and entrepreneur with more than 15 years’ experience in the media industry. She believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.