“No More Bets” – Ware liefdesverhaal

Nicole en Douglas het na lank se wag gesorg vir ‘n indrukwekkende en feesvierige troue.

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

Ek was so bevoorreg om deel te kon wees van Nicole en Doug se spesiale dag. Dit was een van die troues waar almal hulself gate uit kon geniet en net kon fees vier. Hoe dan nou beter as ‘n “Confetti canon” as konfetti?

Die paartjie het mekaar op ‘n “dating app”, lank voor Tinder, ontmoet. Doug het by hulle “housewarming” net daar en dan op een knie gegaan en vir Nicole gevra om sy vrou te wees.

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

Nicole vertel: “Met Covid wat einde Maart vir ons in ‘n strawwe lockdown in gestuur het moes ons die troue uitstel.”

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

“Twee weke voor die 4de Julie het ek en Doug besluit ons gaan nogsteeds trou. Ons het op ‘n plaas in ‘n laning getrou en na die tyd bymekaar gekom saam met  familie en vriende om te celebrate. Spur of the moment but it was SO worth it!”

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

“Ons troue het so baie verander van die eerste idee tot hoe dit gelyk het op die dag. Ons gaste lys het gegaan van 68 na 35.”

“Ons het ons blomme en dekor self gedoen. Ons het gesimplify, goed weg gevat wat onnodig was en elemente by gesit wat dit meer eie aan ons gemaak het.”

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

“Ek wou altyd ‘n meer dramatiese troue gehad het. In die hartjie van die winter met donkerder kleure.”

“Swart is nou nie juis die tradisionele trou kleur nie, maar if not why not!
Swart en goud was ons kleure en ons wou dit net elegant hou. Something timeless.”

Gourmet Hamburgers en skyfies

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

“Dit was baie belangrik vir ons dat die kos lekker was en ook dat ons gaste net die beste tyd het. It had to be fun and something different.”

Nicole en Doug het Gourmet Hamburgers en skyfies bedien en daar was tot Casino tafels waar gaste ‘n paar rondtes kon speel. Hulle het ook ‘n “photobooth” by die troue gehad waar elke gas saam die bruid en bruidegom ‘n foto kon neem om huistoe te vat.

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal
“No More Bets” – Ware liefdesverhaal

Al kon sommige van die gaste die spesiale dag nie bywoon nie was dit vir Nicole en Doug so belangrik om nogsteeds daardie herinneringe van hulle troudag te kon hê en vier.

Nicole beskryf die spesiaalste oomblik as toe sy en Doug die “first look” aan mekaar gedoen het.

"No More Bets" - Ware liefdesverhaal

Liefde het geen tydslyn of perke nie. Hou vas aan daardie liefdesdroom en maak die beste van elke geleentheid, al is dit later as waarvoor jy gehoop het.

Liefde wen ALTYD…

Catering: Twochefs

Venue: 401 Rozendal

Flowers: Adene Flowers

Photography: Marli Koen Photo

Hiring: The Hire Haus & Palm Event Hire

Lighting: AV Lighting

Decor: Woodka interiors & Sitting Pretty Bespoke Events

Coffee: Savour Coffee Cart

Photobooth: Gold Otter

Dress: Cindy Bam

Makeup: Marnel Makeup

Tent: Cape Tents

Stationary: Emba designs

Casino Tables: Fun Casino Events

DJ: Southern Sound

“No More Bets” – Ware liefdesverhaal

 

 

 

Amere Prinsloo

Wedding Editor

Floristry, weddings and family are the 21-year-old Ameré Prinsloo's key to her happiness. Originally from the Free State, she is now an Events Management graduate from The Aleit Academy. With many experiences in every aspect of the industry, she has bigger dreams for her future. She describes herself as creative, loving and the one who does not miss a braai opportunity.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.