‘n Vinnige Vyftien Vrae Met Pieter de Jager

Pieter de Jager, beter bekend as “die ou van Die Tuindwergies” het Woensdag 19 Mei 2021 sy eerste solo album vrygestel by die AfriForum Teater in Pretoria. Alhoewel dit ʼn Woensdag aand was, het Pieter en sy band, “Die Partytjie” gesorg dat dit gevoel het soos ʼn Vrydag aand. ‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager \

Pieter de Jager en Natania Tesnar
Pieter de Jager en Natania Tesnar

Gaan kyk na die opname van die vrystelling op die Bloss Facebook blad hier.

“Minnie Se Liedjie”, wat in Maart 2020 vrygestel is (op dieselfde dag as die eerste Suid Afrikanse inperking as gevolg van die pandemie), het groot opslae gemaak toe dit ‘n nommer een treffer geword het nadat niemand van hom gehoor het vir jare nie.

Die jong man kry ʼn gemaklike sitplek onder ʼn warm lig saam met sy vierpotige vriend, Joost. Hy vertel met ʼn verliefde glimlag hoe Minnelene Snyman (Minnie) sy lewe beïnvloed het en hoe hy vir een jaar lank haar probeer oortuig het om sy meisie te wees. Pieter het vir Minnie ontmoet deur sy oorspronklike logo ontwerper, Rudolf de Villiers. “Ek was vars uit ʼn egskeiding met my ex van 11 jaar, en Minnie was die vars-asem wat ek nodig gehad het”, vertel Pieter. Hierdie vriendskap het begin met ʼn Facebook inboks waar hy haar genooi het vir ʼn aandete en tans is dié twee al vir langer as ʼn jaar in ʼn verhouding en ongelooflik lief vir mekaar.

Bloss was bevoorreg genoeg om ʼn vinnige vyftien vrae sessie met Pieter te kon hê. Dit moet genoem word, dat dit ongelooflik moeilik was om die belangrikste gedeeltes vir ons lesers uit te beeld nadat ek vir 90 minute lank met hierdie man geklets het. Ek hoop dat die onderstaande vyftien vrae met Pieter de Jager werklik sal wys hoe hy met volle oorvloed en nederigheid sy avontuurlistige lewenspad met my gedeel het.

  1. Verduidelik wie jy is aan iemand asof hul nog nooit van jou gehoor het nie

Pieter: “Ek is Pieter de Jager en ek het grootgeword in Bronkhorstspruit, wat ʼn klein plattelandse dorpie is op die grens van Gauteng en Mpumalanga. Ek het in 2006 gematrikuleer by Hoërskool Erasmus, en ek is tans 33 jaar oud. Ek het nog altyd ʼn groot liefde gehad vir sport. My oorspronklike droom was om vir die Springbokke skrumskakel te speel. Joost van der Westhuizen was die eerste rockstar teen my muur. Gedurende my skool jare, was ek ook baie goed in judo. Nadat ek ʼn sportbesering opgedoen het, kon ek nie meer aan rugby of judo deelneem nie. Met dit in ag geneem, het die fisioterapeut aanbeveel dat ek begin perd ry. Nadat ek besef het dat ʼn perd nogal hoog ge-wheely kan word, het ek vir my skool begin perdry en aan menigte perdeskoue deelgeneem vanaf ek 12 jaar oud was. In matriek was ek selfs die kaptein van die Rassie-Ruiters.”

Ek moes die man hier stop sodat ons meer van hom kan leer in die opvolgende vrae.

  1. Vertel oor jou pad in die Afrikaanse musiek industrie sover? Waar het jy begin en hoe het die pad gelyk?

Pieter: “Ek het twee broers, Salmon en Dawie de Jager wat in “Klopjag” is. Vandat ek 12 jaar oud was, was ek ʼn roadie vir Klopjag, Gian Groen en Jan Blohm by die KKNK. My beste vriende Fritz Bucker, Naas van Jaarsveld, Jurion Bezuidenhout en Louw Lensley het ʼn punk-band begin, “Finally Legalised” wat later na “éF-éL” toe verander het. Alhoewel ek nooit in die band was nie, was ek die grootste aanhanger, wat toe later die band-bestuurder geword het.

Toe ek in matriek was, het ek die geleentheid gehad om saam my broer-hulle Engeland toe te toer om Klopjag daar te gaan kyk. Hierdie optrede was toevallig op my 18de verjaarsdag! Gedurende daardie tyd van my lewe, was ek ongelooflik punk: ek het selfs meisie skinny jeans by Mr. Price gekoop! Maar dis ook hier waar ek besluit het dat ek ʼn liedjie skrywer wil word.

Oom Piet Nel, ook ʼn medereisiger wat ʼn kitaar saam hom Engeland toe geneem het, het my aangemoedig om ʼn liedjie te skryf. Daar is ʼn kuier plek in Bronkhorstspruit, SinkShack, en daar het ek tussen éF-éL se optredes opgekom om my liedjies te speel. Dis wonderlik om te dink dat my heel eerste optrede wel my eie liedjie was. My hele kamer was vol plakkate – ek was nog altyd ʼn groot Brit-pop aanhanger.

Ek het nooit geweet wat ek wil gaan swot na skool nie. Gedurende daardie tyd het ek het oorweeg om drama, teologie of onderwys te gaan swot. Nadat éF-éL in 2006 Rockspaaider gewen het, het my oudste broer ʼn platemaatskappy begin en éF-éL opgeteken as een van hul bands. Daarna het al die lede van éF-éL saam in ʼn kommune ingetrek in Pretoria, en dis hier waar ek besluit het dat ek beslis nie gaan uit mis op die partytjie nie! Ons huurkontrak moes elke 6 maande hernu word, so my denkpatroon was om te probeer oorsee gaan na elke 6 maande verby was.

Maar so het my planne weer verander, nadat ek Karlien van Jaarsveld ontmoet het na ʼn maand van in Pretoria bly. Daardie aand het ek en sy lekker gesels en sy het vertel dat sy iemand kort om baskitaar te speel. Alhoewel ek nog nooit baskitaar gespeel het nie, het ek vir haar vertel dat ek die beste baskitaar speler op aarde is. Daar en dan het sy my geboek om baskitaar in studio te kom speel asook om saam met haar in ʼn musiek video te wees. En net so, stel ons toe “Revolusie” se musiek video vry op MK TV voordat éF-éL kon! Hierdie is so skokkend vir my om daarna terug te kyk – ek was nie eers in ʼn band nie! Nadat ek ʼn volle 5 dae ʼn kelner was by Mimmos, het ek en die bestuurderes, Susan, besluit dat my toekoms beslis nie as ʼn kelner by Mimmos lê nie.”

Pieter gaan aan: “My droom was altyd om musiek te skryf – ek wou nooit kitaar speel of in ʼn band wees nie. Die rede hoekom ek saam Karlien op geëindig het, is omdat ek aan haar verkoop het dat ek liedjies óók skryf, en sy was dadelik oop vir die idee om dit te sing. Nadat ons die EP vrygestel het vir Revolusie, het Karlien ʼn kontrak by Coleske platemaatskappy gekry.

Emile en Jean Swiegers, die seuns-kinders van die bekende Andre Swiegers (wat toe ook lede van Die Tuindwergies geword het), het ook vir Karlien musiek gespeel. So, nadat Karlien by Coleske geteken het, het ek vir Emile en Jean genader by die 2009 Aardklop om ʼn band te begin.

Ek het oorspronklik die liedjie Kopskudkinders geskryf vir Revolusie, maar ons het nooit daar uitgekom nie. Nadat ons Die Tuindwergies in 2009 begin het, het die 17 jarige Emile Swiegers die lied bietjie verwerk voordat ons hom opgeneem het.

Klopjag het toevallig gedurende hierdie tyd minder optredes gehad, en as gevolg hiervan kon my broer Dawie toe vir Die Tuindwergies kom baskitaar speel.

Toe ons nog op skool was, het my ouers vir Naas van Jaarsveld (soos voorheen genoem, die hoof kitaar speler van éF-éL) betaal om my op Donderdae aande te leer kitaar speel. As kinders het Naas my geleer Blink 182 liedjies speel, en as jong volwassenes het ons ʼn kommune kamer saam gedeel (dit kan ook gesien word aan die einde van die Kopskudkinders musiek video).”

  1. Hoe het julle besluit om julself Die Tuindwergies te noem?

Die Tuindwergies
Die Tuindwergies

Pieter: “Toe ek by Aardklop 2009 met John-Henry Opperman wat in Klopjag sing gedeel het dat ons ʼn band gaan begin, omrede ons almal kort was met lang hare, het hy laggend gevra: “Wat? Gaan julle dit Die Tuindwergies noem?”. My antwoord was: “Definitief! Dit maak 100% sin!” ”

  1. Wie was almal in Die Tuindwergies en hoe het julle die musiek opgeneem?

Pieter: “Dit was ek en my broer, Dawie. Dan ook Emile- en Jean Swiegers en Naas van Jaarsveld was ons reserwe-dwerf (hy het ingestaan as Dawie vir Klopjag moes gaan baskitaar speel het).

Ons het al Die Tuindwergies se musiek in my en Naas se kommune kamer opgeneem wat in Olivienhout Straat 63 geleë was. Omdat ons langs die N4 hoofweg gebly het, kon ons slegs in die aande na 10uur ons musiek op neem om die geraas van die verkeer te vermei.

Na 6 maande, het ons ons eerste EP, Tuisgekweek uitgebring.”

  1. In die tyd wat julle Die Tuindwergies gestig het, was sosiale media nog nie so groot nie. Hoe het julle mense bewus gemaak van die band se musiek?

Pieter: “Voordat ons by Aardklop gaan optree het, het ons op nommer 99 besluit om 500 Cd’s te sny, print en verniet uit te deel. Hierdie Cd’s het “Kopskudkinders” en “Sy Sê” opgehad.

Die aand voor Aardklop sny ons toe hierdie Cd’s, maar onwetend is daar ʼn vuil merkie op die album wat toe daarna lei dat Kopskudkinders hak waar die hele orkes inkom. Met dit gesê, was dit ʼn ongelooflike bemarkings oefening, want mense moés toe ons volle album koop en die musiek video kyk om die einde van die liedjie te hoor.

Toe ons weer sien, is ons genomineer vir ʼn SAMA en wen toe ook die kategorie vir “Beste Nuweling 2011” by die MK TV Prystoekennings.”

  1. Hoe en hoekom het Die Tuindwergies tot ʼn einde gekom?

Pieter: “Nadat ons in 2011 die Beste Nuwelinge by die MK Toekennings gewen het, het ons twee jaar later nog ʼn album uitgebring genaamd, “Terwyl Die Donker Wolke Dans”.

Die ander lede van die band het daarna besluit dat hulle ander dinge het om op te fokus. Om eerlik te wees, was ek nogal ongelukkig hieroor. Ons laaste optrede was op Jacaranda-dag by Supersport Park waar ons voor 28 000 mense opgetree het. Vir my was Die Tuindwergies al wat ek gehad het, so ek kon nie verstaan hoe die ander lede “iets anders het om te doen nie”. As gevolg van al hierdie emosies, het ek Olivienhout geskryf asook ʼn lied met die naam Swaai.”

  1. Waarmee het jy jouself besig gehou vanaf daardie tyd tot nou in 2021?

Pieter: “Ek het eendag my meisie van daardie tyd gaan oplaai by die werk en daarna ʼn ou vriend raak geloop. Hierdie vriend het met my gedeel dat hy ʼn wonderlike werksgeleentheid vir my oorsee het. Twee maande later, toe ek weer sien, werk ek op ʼn boot in Alaska!

Vanaf 2014 tot 2018 het ek na 52 lande gereis. Ek was ʼn 26 jarige kuns afslaer op die bote vir Park West Galleries. Omdat ek vir hulle gewerk het, was ek nie vasgemaak aan een boot nie, so ek kon baie lande besoek!

Gedurende hierdie tyd, het ek altyd die doelwit gehad om op 30 jaar oud terug te kom Suid Afrika toe om my eie solo-album op te neem. Ek het hierdie tyd op die bote gebruik om van voor af te leer musiek skryf. Ek hou nie daarvan om sommer net rympies uit te dink nie. Ek het plekke gaan sien en kulture gaan ervaar wat my dan ook gedryf het om ons eie land uit ʼn ander perspektief te sien. Al hierdie avonture en ervarings het opgebou na hierdie hoofstuk van my lewe waarin ek myself tans bevind.”

  1. By jou solo-album vrystelling het jy genoem dat die album 7 jaar geneem het. Hoekom het dit so lank geneem en wat was die proses?

Pieter: “Nadat Die Tuindwergies uitmekaar is, en ek Olivienhout en Swaai geskryf het, het Jaco Mans ook uit Tidal Waves getree. Naas het sy eie opnemings ateljee gekry in die tussen tyd. Voordat ek oorsee was, het ek hiérdie twee liedjies by Naas se ateljee gaan opneem. Jaco het sy opgewondenheid oor die liedjies uitgedruk en bevestig dat hy wil deel wees van my toekomstige solo-album. Elke keer wat ek terug gekom het van die bote af met vakansie, het ek liedjies saamgebring vir Jaco. Met elke breek wat ek myself in Suid Afrika bevind het, het ek optredes gedoen en dan weer terug gegaan bote toe om te werk. Andre van Coller het van die begin af ook sy belangstelling getoon en so is hy ook dan ‘n oorspronklike stigter van Die Partytjie.”

  1. Hoekom nou na jouself verwys as Ruiter Piet? En wie is “Die Partytjie”?

Pieter: “As gevolg van die feit dat ek begin perd ry het in matriek, het my beste vriende, Fritz, Jurian en Naas vir my die bynaam “Ruiter Piet” gegee.

Piet die Ruiter
Piet die Ruiter

Die Partytjie se lede het ek as gevolg van Jaco Mans se voorstelle ontmoet of toevallig na ʼn aand uit. Alles het net in plek geval. Tans bestaan Die Partytjie uit Duard Musk, Jaco Mans, Andre van Coller en Jason Hinch. Ek noem Duard en Jason die geregistreerde honde want hulle het beide jazz-grade – hulle het papiere, jy weet!”

Ek dink ek het letterlik DIE BESTE live-band wat bestaan. Soos genoem, was “Minnie Se Liedjie” op dieselfde dag as die inperking vrygestel, wat gemaak het dat ons nooit kon saam oefen nie. Die eerste keer wat ons by ‘n lewendige vertoning gespeel het was vir ‘n by ‘n Jack Parow vertoning by Platteland en toe die heel laaste Park Acoustics voor die eerste inperking 2020. Daarna, wat dan ook die derde keer was wat ons saam gespeel het, was by die album-vrystelling wat jy bygewoon het!”

Ruiter Piet & Die Partytjie
Ruiter Piet & Die Partytjie
  1. Hoe is jou musiek maak proses anders nou teenoor hoe julle musiek vervaardig het met Die Tuindwergies?

Pieter: “Met Die Tuindwergies het ons lede gehad wat almal baie sterk persoonlikhede gehad het en almal vreeslik talentvol was. Met dit gesê, wou elkeen ʼn bydra gemaak het en het die liedjies beslis ons almal se kreatiwiteit ingehad.

Met my solo album werk ek hand in hand met Jaco. Ek sal ʼn liedjie akoesties opneem en dan aan Jaco verduidelik hoe ek wil hê die dromme moet klink. Hy sal dan alles bou en die baskitaar self inspeel waarna ons dit aan die res van die band stuur. Ek wil hê dat elke persoon in die band eienaarskap van hulle gedeeltes moet vat en hul talent vir die aanhangers wys soveel as moontlik. Wanneer ek my lirieke skryf, hou ek elke lid ingedagte met hul instrumente. ‘n vinn

Pieter de Jager en Jaco Joost
Pieter de Jager en Jaco Joost

ige vyftien vrae met pieter de jager 

Omdat ek Jaco al so lank ken, kies hy sy kitaar note om by my musiek se emosies te pas. Ek het dit nie dadelik agtergekom nie, maar nou as ek die musiek terug luister kan ek hoor hoe hy ʼn groot bydra maak tot die musiek. Ek weet Ruiter Piet is my solo-album, maar Jaco is beslis die ‘perd’ in Ruiter Piet – hy is soos ʼn silent-partner en sonder hom sou hierdie nie moontlik gewees het nie.”

  1. Met hierdie laaste antwoord dan in ag geneem, hoe voel jy daaroor dat mense oplet dat party van jou solo-album se liedjies baie na Die Tuindwergies klink?

Pieter: “My musiek gaan altyd ʼn klein bietjie soos Die Tuindwergies klink! Want ek is die ou wat gesing het vir hulle. Ek sien dit nie as ʼn slegte ding nie, want ek is ongelooflik trots op wat daardie band bereik het.”

  1. Vertel ons meer oor jou solo album? Hoekom Vrydae Aande Maandae Oggende as die titel?

Vrydae Aande Maandae Oggende
Vrydae Aande Maandae Oggende

Pieter: “Oorspronklik wou ek dit “Na Die Storm” genoem het. Maar ek het nog altyd die idee gehad dat ek met my eerste solo-album se omsluiting foto’s van myself wil hê hoe ek ʼn “full-circle” maak in my huis – vandat ek opstaan, uitgaan en terug kom.

Aanvanklik sou die hele band deel gewees het van dit, en toe werk dit nie uit nie. Daarna het ek Johan de Jager gebel van Vivid Portraits wat ons voltydse fotograaf is. Ek het ʼn toets lopie met my selfoon gedoen om vir Johan te verduidelik wat ek wil doen. Ek het hom oorgenooi vir ʼn braai saam my en Joost, waarna ons Vrydag oggend ʼn uur gehad het om al die foto’s te neem sodat die lig dieselfde bly. So gesê, so gedaan.

Minnelene Snyman (Minnie) is my meisie maar ook ons ontwerper. Sy het al die foto’s gevat en dit mooi bymekaar gesit saam met die logo. Het jy opgelet hoe die logo ʼn buffel is? Ons is nie cowboys in Suid Afrika nie – hier ry ons buffels! ‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

Buffel Logo
Buffel Logo

Elke liedjie het begin op ʼn Vrydag aand, en ek het eers die nagevolge daarvan besef op ʼn Maandag oggend – of dit goeie goed was, slegte herinneringe of wat ook al jy die naweek aangevang het. Oor die spektrum, wou ek net hê dat die album ʼn naweek in my lewe weerspieël van die laaste paar jaar vandat mense laas van my gehoor het.

Ons het die helfte van die album by Jaco gedoen en die ander helfte in Dawie se ateljee.”

  1. Vertel ons meer oor die enkelsnit, “Lit Skud” wat jy saam Jack Parow vrygestel het?

Pieter: “Ek het Jack Parow by die MK Toekennings se after-party ontmoet nadat Die Tuindwergies die beste nuweling gewen het in 2011. Ek en Zander het albei ʼn groot liefde vir rugby en ons het dieselfde vriendekringe in Pretoria. ‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

Ek het kindertyd liedjies gevat en die woorde verander om “Lit Skud” te vorm. Terwyl ek hierdie lirieke geskryf het, het ek net in my geestesoog gesien hoe vibe by Jack Parow pas. Ek het die eerste weergawe van Lit Skud in Minnie se badkamer opgeneem en aan Zander gestuur – hy het dadelik van dit gehou. ‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

Ek het geen begroting gehad vir die musiek video nie. As ek nou terug kyk is dit seker nie ʼn slegte ding nie, want ek het die geleentheid gehad om die musiek video self te produseer en die direksie te handhaaf. ‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

Ek het vir Heidi van der Berg van Fusion Living gekry wat ʼn wonderlike stileerder is in Pretoria, maar sy was ook nog altyd ʼn vriendin. Ek en Minnie het die rokkies en hemde self gaan koop. Die professionele dansers het op die laaste oomblik gekanselleer. Net daar en dan het ek vir Minnie gevra om in te staan. Ek en Don Cobra is al lank vriende, en dit was net logies om vir Christelle (Bloss se seks editor) te bel om deel te wees van die video.

Ek het ʼn baadjie bestel vir die musiek video wat net nooit opgedaag het nie. Ek en Minnie moes toe die aand voor die musiek video skietery my baadjie spray paint en verf. Ons ander uitdaging was dat ek nie vroegtydig genoeg my logo kon laat print het nie. Minnie moes toe YouTube video’s kyk om uit te vind hoe mens ʼn stuk papier kan laat plak op materiaal. Asof dit nie genoeg was nie, het beurtkrag ons getref terwyl Heidi die meisies se grimering en hare moes doen.

Ek het sulke goeie vriende ook! John-Henry Opperman van Klopjag het sy eie ateljee, Media Farm, wat hy vir my aangebied het om te gebruik. Conraad Loubser van Dapper Media het die musiek video teen ‘n BAIE BAIE BAIE spesiale prys gedoen! Dit was sielsverrykend om te sien met hoeveel oorgawe Zander sy gedeelte gedoen het.

Ek is so ongelooflik trots op hierdie video en so dankbaar vir almal wat dit moontlik gemaak het. “‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

  1. Wat is iets wat meeste mense nie van jou weet nie?

Pieter: “Ek kan nie musiek of note lees nie. Naas het vir my die lesse gegee, so ek speel maar net op die oor. As ons band repetisies het, dan vra die geregistreerde honde oor die note, en dan moet Jaco hulle lei met dit.

Ek wil beter word en meer weet, so ek werk hard aan dit tans. Maar wat rêrig noemenswaardig is, is dat Jaco my rou klank wou hou in my solo-album. Ek kan glad nie met ʼn “click track” speel nie. Jaco het vir my eerder ʼn “drum groove” gebou waarmee ek perfek kan speel. Onbewustelik het hy seker geweet dat hierdie gaan bydra tot ons unieke klank.”

  1. Wat is noemenswaardige dinge wat jy al geleer het in jou lewe en waarvoor wil jy eendag onthou word?

Pieter: “Tot vandag toe bespreek ek myself op Maandae in by SinkShack om my nuwe musiek te gaan oefen. Ek glo mens hoef nie die wiel te herontwerp nie, ruil net die tyre. Moet nooit vergeet waar alles begin het nie. Moenie die applous kop toe vat nie, vat dit eerder hart toe. Geld kan terug betaal word, maar nie tyd nie.

Onthou altyd waar jy vandaan gekom het: My ouers het in Bosbokstraat gebly en Fritz het in Generaal Louise Botha gebly, en soms het ons skelm uitgegaan in die aand om op die hoek te rook. Hier het ons as twee tieners gepraat hoe ons eendag in bands gaan wees, nes “Fokofpolisiekar”! ʼn Paar jaar later, in die liedjie “Vir Wat Dit Werd Is”, maak Fritz verwysing na waar ek gesê het dat ons nog eendag gaan rebelleer tissen kitare en ballades. Ek kan nie glo dat hulle my genoem het in ʼn liedjie nie, dis is sulke groot eer vir my!”

Die verwysing kan gehoor word by 1:05. 

 

Pieter gaan aan: “Ek wil hê as mense na my musiek luister moet hulle voel hoe ek die eerste keer gevoel het toe ek na my gunsteling musiek geluister het. Almal het een liedjie wat hulle op matriekvakansie geluister het wat hul terugneem na daardie herinnering toe. Of ʼn liedjie wat jou weer ʼn sekere emosie laat voel.

Hoe cool sal dit wees as ék ʼn liedjie kan skryf wat ʼn soundtrack in ʼn vreemdeling se lewe kan wees? Ek noem dit sukses!”

Ruiter Piet se album, Vrydae Aande Maandae Oggende is nou beskikbaar hier. 

Lees meer van ons entertainment editor hier. 

‘n vinnige vyftien vrae met pieter de jager 

Natania Tesnar

Natania Tesnar is a vibrant and spontaneous 28-year-old who aspires to motivate people to believe in themselves again. As a BCom Communications graduate, Natania channels her energy to grow as the ambitious woman she is. By day, she works as a Public Relations- & social media professional in the IT- and business sector; by night, she tries to take over the world with her relatable & storytelling blog and brand she is building, That Fat Girl. She practices self-love and self-care by doing things that truly make her happy: camping & hiking in nature, dressing up for occasions, trying to keep her plants alive, playing PC games with her fiancé, and by being a body-positive plus size queen.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.