‘n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer…

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...
‘n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer…

Beeld konsultant, stilis, entrepeneur, spreker, skrywer en ma van vier!  Is daar iets wat hierdie dinamiese vrou nie kan doen nie?  Almal wat Aletté volg op sosiale media of persoonlik ken, weet dat sy baie “relatable”, oop en eerlik is, en ‘n ding sê soos dit is.  Dit is juis hoekom sy herken dat sy sukkel om haar kaste tot haar standaard te organiseer.  Ek dink persoonlik sy het net eenvoudig nie tyd nie!  Sy deel gereeld Christelike inpirasie, skoonheids wenke, produkte en besigheids geleenthede vir vrouens.  Sy was ook baie opgewonde om haar organiserings geheim met almal te deel…

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...
Aletté en die ORDEN Span

Ontmoet vir ORDEN…

Beide Natascha en Jeanine was nog altyd mal daaroor om hul omgewing te orden en mooi te maak.  Hulle ken mekaar al sedert 2014 omdat hul kinders saam in die kleuterskool was. As mammas het hulle mekaar dikwels by die skool raak geloop – Jeanine altyd perfek gegroom! Uit ń spontane gesprek aan die begin van 2021 het ORDEN begin vorm kry.

 Hulle het baie name oorweeg, maar albei het van ‘ORDEN’ gehou omdat dit ’n omvattende beskrywing is van dit wat hulle doen – organiseer, sorteer, groepeer, rangskik, opruim, weggooi en ook mooi maak!  Orden se missie is om ‘n warboel in orde te omskep.  Hulle is obsessief oor spasies, of eerder, “O.C.D”,  hulle afkorting vir “Organise.Create.Declutter”.    Natascha se agtergrond as ontwerper gee haar ń ontwikkelde oog, terwyl Jeanine se benadering as Mond Higiënis klinies en presies is.  As huis organiseerders is hulle passievol daaroor om kliënte te help om hul spasies en lewens te vereenvoudig.

Orden deel ‘n paar wenke om jou klere kas “Celeb Worthy” te maak

‘n Geordende klerekas begin met bypassende hangers

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...

Vir ORDEN is die basis van ‘n geordende kas om bypassende hangers te gebruik wat almal in dieselfde rigting hang.  Op die oomblik “crush” hulle op die fluweel hangers met roos goud ‘hakke’ van Trendz of Today!

Die 80/20 beginsel

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...

‘n Kas moet verkieslik nooit 100% vol wees nie. ORDEN gebruik die 80/20 (tagtig twinting) beginsel – maak jou kas slegs 80% vol.  As daar te veel items is, laat gaan 20% daarvan want ‘n kas wat visueel mooi lyk, is lekkerder om uit aan te trek.

‘n Goeie begin is om eers alles uit te pak en dan ook sommer skoon te maak – daar is niks wat ‘n Handy Andy lappie nie kan regkry nie.  So kry jy ‘n oorsig van wat alles in jou kas is. As jy ‘n jaar laas iets gedra het is die kans groot dat jy dit nie sommer weer gaan dra nie.

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...

Hulle hou ook van Marie Kondo se benadering: “Does it spark joy?”.  Met ander woorde, as jy ‘n item in jou kas het, maak dit jou gelukkig?  Indien nie, is dit tyd om dit te laat gaan.  Sy stel voor dat jy elke individuele item optel en so besluit wat om te hou, wat om te verkoop en wat om weg te gee.  Hulle moedig mense aan om klere wat te klein is of nie meer in die mode is nie eerder vir liefdadigheid te skenk.

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...

Daar is, volgens hulle, ’n direkte verband tussen ’n oorvol spasie, hoe dit die atmosfeer in jou huis affekteer en verhoogde stressvlakke.  ’n Huis moet ’n spasie wees waar jy kan afskakel, soos by ‘n spa.  Dit is onmoontlik om tot rus te kom as daar bokse rond staan wat jou herinner aan onvoltooide take of ‘n kas vol kledingstukke wat jou herinner aan die ekstra kilos wat jy dalk wil afskud. ‘n Geordende spasie laat mens sommer ligter voel, wat lei tot meer energie en kopspasie.

“Colour code” jou klerekas

Hulle stel voor om jou klere van lig na donker te rangskik – net soos ’n reënboog.  Begin by wit kledingstukke, hang volgende roomkleurige items, dan pienk, rooi, orange met geel in die middel.  Volg dan met die koeler kleure soos groen, blou en pers.  Hang laastens bruin, grys en swart kledingstukke.

Hulle hou veral daarvan dat kategorië gedefinieer word wat help om items in groepe te sorteer en so ’n sisteem skep wat maklik is om te onderhou.

Neem ‘n “Before” & “After”

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...
Before

Neem ook fotos van ‘voor’ en ‘na‘ die tyd.  ‘n Goeie Orden wenk, wat jou sal inspireer om meer as net jou klerekas reg te pak!

'n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer...
After

‘n Laaste paar wenke

Die Orden span hou baie van die Netflix reeks, The Home Edit. Die TV reeks is propvol idées oor hoe om spasies te organiseer. Hulle is ook mal oor die voorkoms van The Home Edit se reeks produkte wat slegs by @home beskikbaar is.

Daar is deesdae al meer opsies – mandjies, akriliese houers, glashouers met bamboesdeksels en die mooiste verskeidenheid hangers.  Hulle sê hulle is gaande oor The Home Edit se akriliese reeks omdat die produkte fantasties is om mee te organiseer.  Visueel is dit baie bevredigend as houers bymekaar pas .

Meng teksture soos hout, glas en akriel.  Hulle herhinner dat dit wel nodig is om jou leefstyl in ag te neem. ’n Kas vol glashouers is glad nie geskik vir ’n gesin met klein kindertjies nie.

Simply Stored range en Nectar & Ink

Dit is duidelik dat Aletté ‘n wenspan ontdek het.  Natascha en Jeanine meen dat mense soms net ‘n hupstootjie in die regte rigting nodig het om hul spasie of omstandighede te omskep.  Ek is seker julle voel, net soos ek, geïnspireerd om van hierdie wenke toe te pas in jou eie kas.  ‘n Kas wat jou elke oggend soos ‘n “Celeb” sal laat voel.

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

ALETTE WINCKLER

Facebook: https://www.facebook.com/alettewinckler 
Instagram: @alettewinckler

ORDEN

Facebook: https://www.facebook.com/orden.ocd/ 
Instagram: @orden.jn

TRACEY BAARD PHOTOGRAPHY

Facebook: https://www.facebook.com/traceybaardphotography 
Instagram: @traceybaardphotography

‘n Uitnodiging Om In Aletté Winckler Se Klere Kas Te Loer…

 

 

 

 

 

 

 

Juanita Huisamen

Decor (Textile) Editor

Juanita Huisamen is a mother of three and a network marketer with a passion for all things textiles. She is a Textile Design and Technology Graduate and owner of "Hello Bubu", a company that focuses on unique handmade decor and textiles for children. Her love for Textile history and organic proses is what inspires her the most.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.