Liefde Sonder Grense – Ware liefdesverhaal

Liefde Sonder Grense – Ware liefdesverhaal

Gerda – Marie en Jacques het die mooiste troudag gehad. Gevul met soveel liefde en goeie herinneringe, ten spyte van soveel beperkings.

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Waar het julle ontmoet?

“Ons het ontmoet by my ouers se huis een van sy vriende wou by my kom kuier het en hy (Jacques) was saam. Ons het so lekker gekuier die aand saam met mekaar.

My ouers het gesê hulle het gehoor hoe lekker lag ek en my pa het gesê “Hier is dit nou”. My skoonma het gesê die dag na hy my ontmoet het, het hy vir haar gesê hy het sy trouvrou ontmoet.”

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Wanneer en hoe het hy die groot vraag gevra?

“Ons het 7 maande uitgegaan voor hy my gevra het om te trou. Die twee families was by mekaar gewees (my ouers en sy ouers). Almal het geweet hy gaan my vra om te trou behalwe ek natuurlik.

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

My sussie en Franco was in Engeland gewees daardie tyd en hulle was deel van die verlowing. Hulle bel elke aand so ek niks vreemd gedink nie.

Jacques het gesê hy het iets op Facebook gesien om te sê of jy regtig mekaar se ” soulmates” is. As Jacques begin praat dan hang mens altyd aan sy lippe en hy is altyd oortuigend so ek het hom natuurlik geglo oor die speletjie.

So hoe die speletjie gewerk het was altwee word geblinddoek en in die rondte gedraai met ‘n lepel in die hand.

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Daar word sout in die lepel gegooi omdat ons geblinddoek is en ons nie kan sien nie kan ons die sout laat val as iemand vir ons n vraag vra. As die sout mors dan jok ons.

As ek nou terug dink moes ek geweet het dis nie waar nie maar in daardie oomblik het ek hom geglo. My sussie en Franco het saam gespeel en dit was nou n “challange” tussen die twee paartjies.

Ek was geblinddoek en gedraai met die lepel in my hand reg vir die vrae wat ek nou moet antwoord, Skielik word die blinddoek afgehaal en Jacques is op sy knieg met trane in sy oë en vra my of ek asb met hom sal trou. ”

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Wanneer sou die groot dag gewees het?

“Ons sou in Mei maand 2020 getrou het maar natuurlik kon ons nie. Ons het n paar keer gedink nou is die kans om te trou dan is dit weer Level 3 ens.

Ons was moeg daarvoor om te wag vir die regte tyd ons het besluit om ‘ń lockdown troue te hou. Ons was net 12 mense by die troue gewees, maar alles was presies soos dit sou gewees het net baie kleiner.”

Vertel my meer oor julle troudag?

“Ons het by Fraaigesig getrou die mooiste woud in die hartjie van Pretoria. Ek is mal oor die Bohemian styl. So als was herfs kleure gewees (emerald, maroon, burnt orange, beige).

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Die troue self was ook buite gewees ons het een groot tafel gehad waar ons almal by mekaar gesit het. Dit was ‘n baie intieme troue gewees en elke persoon wat daar was het ietsie gesê.

My sussie kon nie by die troue wees nie. Sy het haar groen rok aan gehad en was heel aand op video call sodat sy niks mis nie.

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Die oggend van die troue het my ma die hek oop gemaak en my sussie was lewens groot hier voor die hek . Sy het n “life size” foto van haarself gestuur sodat sy daar kan wees. Is sy nie net die beste ou sussie nie.

Die blomme was als Bohemian styl gewees , Zenobia van Veldblom florals het presies geweet wat ek wou gehad het. Op ons tafels het sy soveel detail in gesit.

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Met die buite troue het ons ‘ń dans baan gehad vol fairy lights. Buite was daar ‘n sitkamer stel gewees waar ons fotos geneem het.

Ons wou natuurlik al ons familie en vriende by ons gehad het maar sal die spesiale dag vir niks verruil nie. Die dag is soos elke troue bietjie deurmekaar maar die beste dag van ons lewe. ”

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Wat was vir julle spesiaal?

“Ons beloftes aan mekaar is iets wat ons altyd sal onthou dit was so emosioneel. My pa het ook vir ons n liedjie geskryf en gesing, dit was baie spesiaal en so uit die hart uit. Iets wat ons vir lank sal onthou. ”

Liefde Sonder Grense - Ware liefdesverhaal

Liefde ken waarlik geen grense nie!

Diensverskaffers:

Blomme en dekor: Veldblom florals- Zenobia Terblanche

Fotos: Veldfilms- Olivia Sullwald

Video:  Moon Raccoon- Walter Van Zyl

Koek: Cullinary Connections

Plek: Fraaigesig ( Garsfontein)- Petra De La Rey

Hare en make-up: Amelda van der Merwe

Rok: Sew Couture

Amere Prinsloo

Wedding Editor

Floristry, weddings and family are the 21-year-old Ameré Prinsloo's key to her happiness. Originally from the Free State, she is now an Events Management graduate from The Aleit Academy. With many experiences in every aspect of the industry, she has bigger dreams for her future. She describes herself as creative, loving and the one who does not miss a braai opportunity.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.