Kieskeurige Eters Plus ‘n Lekker Verassing!

Kieskeurige Eters Plus 'n Lekker Verassing!

“Nee!”.  Ouers reg oor die wêreld ken die “fussy eating” stadium, veral wanneer dit kom by kleuters.  Al voel jy geirreteerd met die klein kalant wat heeltyd ongeëte kos wegsmyt, is dit blykbaar normaal vir kleuters om te besluit dat hul net ‘n paar verskillende kosse wil eet. Dit kan so eenvoudig wees soos weier om groente te eet of selfs om ‘n gebreekte koekie te eet want hy lyk nie soos die koekie wat hy altyd eet nie! Kieskeurige Eters Plus ‘n Lekker Verassing!

Kieskeurige Eters Plus 'n Lekker Verassing!

Ons Verstaan…

Laasweek het my seuntjie se juffrou ons ingelig dat hy weier om sy melk te drink want hy soek ‘n bottel met ‘n wit doppie (syne is blou). Ons verstaan… Maar moenie touopgooi nie!  Volgens Play Sense is die net ‘n fase wat meeste kinders deurgaan, gewoontlik in hul tweede jaar.

Omdat on sweet hoe moeilik ‘n kleuter kan wees en omdat ons julle so baie waardeer het ons ‘n lekker verassing vir al die moedelose ouers.

Kieskeurige Eters Plus ‘n Lekker Verassing!

Play Sense bied 16 Maart 2021, 8pm ‘n praktiese webinar aan vir ouers wat hulp nodig het om hul kleintjies te voer en verduidelik hoe om gesonde eetgewoontes by hul kleuters aan te leer. Die kaartjies beloop R90 en julle, ons getroue lesers kry 50% afslag!

Bespreek jou kaartjie nou: https://bit.ly/2OHq5GZ en gebruik die afslagkode: FSSY50

Julle is ook meer as welkom om hierdie afslag kode te “share” met ander ouers, vriende en kollegas.

Ons hoop om julle daar te sien!

Kieskeurige Eters Plus 'n Lekker Verassing!

Wie Is Play Sense?

Play Sense is ‘n unieke konsep in vroeë kindersorg en opvoeding. Tussen die ouderdom van 2- en 4-jaar oud is ‘n kind in ‘n opwindende stadium van menslike ontwikkeling, maar hulle het drie elemente nodig om optimaal te leer en te ontwikkel – ‘n innemende, koesterende onderwyser, ‘n veilige huisomgewing en ryk, spelgebaseerde kurrikulum wat fundamentele ‘sagte vaardighede’ ontwikkel.

Navorsing het bewys dat begeleide denkbeeldige spel die beste manier is om kinders van 2 tot 4 jaar taal, sosiale vaardighede en selfregulering aan te leer. Speel en veral denkbeeldige spel is die enigste manier om hierdie leergrondslag te ontwikkel.

Play Sense voorskoolse leerplan is ontwikkel deur Arbeidsterapeute en ouerskundiges (en moeders) om kleuters belangrike vaardighede aan te leer, soos luister, beurte maak, fokus, samewerking en kreatiwiteit – op ‘n toepaslike ouderdom. Met hierdie vaardighede in plek, kan kinders ‘n betekenisvolle leerreis hê en lewenslange sukses behaal.

Vir meer inligting gaan na:

https://playsense.org/

Tel: +27 (0)71 588 8760

https://playsense.org/contact-us/

Facebook

Twitter

Instagram

Click here to read more from our BLOSS Kids Editor

Want To Create Awesome Graphics?  Try Canva.

 

Nicola Mostert

Kids Editor

Nicola is just an everyday wife and mom to her blue-eyed baby boy named Kyle. She's a 100% boy-mom, even though she plays the role of Data Analyst during the day. Or maybe about 99% ... about 1% she shares with her husband Cornè. She runs a budding blog called “Fynbos Drome en Seesand Voetspore” where she shares her love for both the ocean and the bushveld, favorite products, recipes and sometimes, just plain silliness. Most of the time at the expense of her husband… Follow Nicola as she tries to navigate life as a first-time mom, a wife and a woman, all while having a full-time job!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.