Hartenbos, Is Julle Reg Vir Afrikaans Wil Dans?

Die Afrikaans Wil Dans partytjiereeks skop af in Hartenbos die 20ste Desember by Misty Valley Plaas net buite Hartenbos. Vakansie-gangers moet hulle self regmaak vir die GROOTSTE danspartytjie wat Suid Afrika al ooit gesien het.

Marchell Mocke en Schalk Burger van die Afrikaans Wil Dans handelsmerk sê: “Ons brand
om musiek in die lug te gooi, met dansende lywe en om nuwe mense te ontmoet. Ons kan
nie meer opgewonde wees nie!”

Hartenbos se mense moet hulle self gereed hou om op ‘n buitengewone musikale reis te gaan met van die beste musikante in Suid Afrika.

Glo ons as ons sê dat dit ongetwyfeld jou asem gaan wegslaan!

Saksofoonspeler Rike Coetzer sê: “Hierdie konsep is ‘op die pols’ van Afrikaans wat LEWE
vandag! Ek deel graag in die energie en die briljante sax klanke oor musiek wat ‘VIBE!’”

Viool speler Johan Scheppel is bekend vir sy perfeksie, wat elke vul en solo bereken tydens
liedjieskryf- en opnamesessies. Hy smelt afrikaanse treffers naatloos saam om ‘n
gevarieerde dog unieke ‘Scheppel’-klank te skep. Informeel, energiek, maniese solo’s en
virtuositeit wat sy musikale wortels tesame met verskeie tegnieke ten toon stel.

Daar is slegs 1500 kaartjies beskikbaar vir 20 Desember 2023 in Hartenbos, by Misty Valley plaas, en kaartjies is NOU aanlyn beskikbaar by www.atickets.co.za

Dit is hier waar die poppe van Hartenbos in Afrikaans gaan dans.

Vir navrae kontak gerus vir Rex by rexvd@eefactory.co.za of besoek ons webtuistes:
www.eefactory.co.za | www.atickets.co.za

Kom rinkink in Afrikaans terwyl jy nog kan!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.