Ons almal hou van voelgoed-stories en dit is presies wat GWM/HAVAL Mosselbaai saam met die geliefde onderwyser van Diaz Laerskool & tweede prins in die 2021 Mnr Suid-Afrika-kompetisie doen.
Die Mosselbaai gemeenskap het ingespring en op 19 Februrie het hulle Anton se splinternuwe geborgde GWM P-Series bakkie volgelaai met meer as 100kg honde- en katkos asook komberse en matrasse.
Hy is sedert 2021 betrokke by ‘n projek, genaamd Project Blessing in Sonskynvallei saam met sy vriendin Michelle Smit en Jenine Herbst waarvolgens hulle dierekos en ander noodsaaklikhede insamel en aan behoeftige gesinne skenk.
Op grond van die verskeie behoefte, reik hulle ook op ander maniere na hierdie gemeenskap uit.
Anton vra die Mosselbaai gemeenskap asook mense regoor die wêreld om groot asseblief betrokke te raak en te help met skenkings.
Behalwe vir dierekos is handdoeke, toiletware en enige nie-bederfbare kos, baie welkom.
Dankie GWM/HAVAL Mosselbaai dat julle, jul harte oopmaak en betrokke raak by die gemeenskap.
GWM/HAVAL Mosselbaai was ook Desember 2021 een van die hoofborge vir die jaarlikse Mej Hartenbos Seefront kompetisie in samewerking met BLOSS Media. Die organiseerders van die kompetisie was lekker bederf met ‘n HAVAL Jolion en ook die bielie van die P-Series bakkie gedurende Desember.