Eendboudjies Met Patat-Pie Op Bessie Compôte

Die lewe is kort… Moenie dat Corona jou onder kry nie. Wees kreatief in die kombuis en maak die smaaklike Eendboudjies met Patat-Pie op Bessie Compôte.

Eendboudjies Met Patatpie Op Bessie Compôte

Ek maak toe gisteraand weer een van my gunstelinge – Eendboudjies Met Patat-Pie op Bessie Compôte.

Eendboudjies (jy kan hoender ook gebruik) wat jy lekker smeer met botter en dan met 5-Chinese spice, gemmer, kaneel, sout, peper en sommer nog wat jy voor lus het – Rooster in die oond tot gaar.

Bedien dit op bessie compôte wat ek maak van bessies wat jy met suiker en bietjie rooiwyn kook. Net nie te lank kook nie, anders maak jy koshuisjam of grease waarmee jy ‘n motor kan diens!

Eendboudjies Met Patatpie Op Bessie Compôte
Om ‘n kind te leer patats eet (of ‘n grootmens te laat huil), bedien ek dit met patat-pie.

Metode:

Maak ‘mash’ van gekookte patats. (Moet nie te veel melk, room of botter bysit nie; jou storie gaan in die gang afloop!).

Eendboudjies Met Patatpie Op Bessie Compôte

Sit wel een eier, gemeng met 3 e melk daarin! (Geheim: ek gooi steranys in die water as ek patats kook.)

Ek maak die lewe vir myself maklik en die wat wil ‘judge’ moet maar 49 pelle kry en kerk toe sleep, maar ek koop sommer klaar uitgerolde skilferdeeg.

Eendboudjies Met Patatpie Op Bessie Compôte
Patat-Pie

Sny skilferdeeg in reghoeke. Smeer jou patats (los so 1cm teen kante oop). Sit nog ‘n lappie winkel-judgement bo-oor, smeer eiergeel as gom en druk die twee meellappe aan mekaar vas met jou vingers, vurk of verlange. (Ek het weer kortpad gevat, en sommer die storie opgerol soos ‘n padkosvadoek.)

Verf eiergeel bo-oor en druk vir hulle in ‘n warm oond vir ‘n paar minute.

Iemand nog vir nagereg? Trap! 👈  [natuuuuuurlik mag jy share 😀 ]

Read more from our food editor

Tobi Jooste
Tobi Jooste

Books & Food Editor

Tobi Jooste is known as singer, TV presenter, model, successful businessman, enthusiastic traveler and writer. He has six music albums, a DVD and his second book, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, currently being a top seller. His Ant Molla section is where he writes his heart out.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.