Drink Pienk Drankies in Posh Pienk Plekkies

Dit blyk pienk is die kleur van die seisoen! En ek LOVE dit! Watter girl sal nou nie? In my vorige artikel het ek geskryf oor die pragtige The Gallery Tee Kamer, en ter viering van Vroue Maand het ek dit my missie gemaak om nog vyf van die mooiste pienk restaurantjies die wêreld om te vind.

Ek gee `n Pienk, Pienker, Pienkstêr vir die eetplekkies:

New York se Pietro Nolita Restaurant. Foto @Adler.

By New York se Pietro Nolita Restaurant is alles pienk! Van die stoele, tafels, mure, potte en selfs die eksterieur. Die restaurant blyk soos `n 1950’s diner – as diners daai tyd in verskillende skadu’s van pienk was.

Kiev Bar in Naïve. Ontwerp en foto @AKZ Architectura.

In Naïve, word vonkelwyn gevier en gedrink by die Kiev Bar, `n poeier pienk kroeg met `n ryk interieur. Die art deco styl meubels in goud staan uit teen die groen gordyne en stylvolle muurpapier.

Nanan in Wroclaw, Poland. Ontwerp deur Buck.Studio, foto @PION Studio.

Die inspirasie vir die ronde vorms by die Pienk Patisserie Nanan in Wroclaw, Poland word verkry deur die eetplek se bekende éclair gebak.

Die Flamingo Room in Tasha’s, Sandton, Suid-Afrika.

Art Deco word in die ontwerp van die Flamingo Room in Tasha’s, Sandton gevier. Ons is mal oor die pienk mure, fluweel stoele deur Egg Design en leer rusbanke wat deur interesante muur detail en `n mocha en groen vloer saamgevat word. #trotsSA

Die China Chilcano Restaurant in Washington, D.C. Ontwerp deur Capella Garcia Arquitectura.

Die China Chilcano Restaurant in Washington, D.C., meng Chinese, Japanese en Peruaanse kultuur. Die spasie is gevul met kreatiewe kuns wat `n speelsheid aan die ontwerp verleen.

 

Xxx

Tot volgende keer,

 

BLOSS VOYAGE

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.