Doen Dit Self – Trou idees

Sommige bruidspare verkies dit om van die elemente vir hulle troudag self aan te pak. Deur om dit self te doen kan die trou beplanning proses meer persoonlik maak, geld bespaar, ‘n gemeenskap vorm of net jouself toelaat om jou eie visie te laat waarkom.

Wat ookal die rede mag wees, is daar soveel wonderlike idees op sosiale media platforms wat bewys lewer van hoe kreatief bruidspare in die verlede geraak het en nog kan raak.

Ek deel graag vandag van die oulike idees en wie weet dalk vang dit jou oog vir julle toekomstige groot dag!

Sitplekaanwysers:

Doen Dit Self - Trou idees
Doen Dit Self – Trou idees

Vat rame wat dalk rond lê in die huis en print die sitplekaanwysers op verskillende papiere. Plaas die papiere in die rame en rangskik dit dan op ‘n esel of hang dit vanuit die dak.

Doen Dit Self - Trou idees

Versamel wyn bottels en plak die gepaste tafel nommers met geallokeerde name op elke bottel as die sitplek en tafelnommer aanwysers.

Konfetti:

Doen Dit Self - Trou idees

Vat gedroogde blare en koop ‘n gepaste gaatjie drukker. Druk dan soveel as moontlik gaatjies in die gedroogde blare. Hierdie is n goedkoop en eko-vriendelike konfetti idee.

Doen Dit Self - Trou idees

Koop gemengde voëlsaad, vul die deursigtige sakkies en plak pasgemaakde plakkers op elke sakkie. Hierdie is definitief buite die boks en dien sommer as ietsie om te eet vir die voëls in die omgewing.

Doen Dit Self - Trou idees

Wees anders en gebruik klein botteltjies met borrels as julle element van konfetti.

Gaste geskenkies:

Doen Dit Self - Trou idees

Koop klein glas houertjies, vul dit met verskillende soorte neute en laat maak oulike sê ding plakkers vir die gepaste geskenkie.

Doen Dit Self - Trou idees

Koop klein botteltjies en vul dit met ‘n tuisgemaakte stooksel of drankie van julle keuse.

Naam kaartjies:

Print klein kaartjies met almal se name op en sny klein gleufies in hout stompies as die voet staander van die naamkaartjies.

Dekor:

Neem glas wyn of water bottels, sit jou keuse van versiering binne in en druk kerse bo in die bottel. Dit dien as ‘n goedkoper en persoonlike styl.

Doen Dit Self - Trou idees

Vat nartjies, suurlemoene of pomelo en sny dit in dun skywe. Droog dit uit in die oond en hang hulle almal aan lyntjies. Hang dit bo die tafels, uit die dak of aan jou ryker.

Doen Dit Self - Trou idees

Versamel konfyt of ingelegde vrugte glas houers. Koop kersies en plaas al die houers in groepies vir ‘n romantiese atmosfeer.

Versamel al julle wyn kurke en plak dit dan op dun uitgesnyde hout letters vir hierdie oulike kroeg aanwyser. Ook ‘n goeie verskoning om genoeg wyn te geniet voor die groot dag!

Doen Dit Self - Trou idees

Ander interesante idees:

Gaan koop “Glow in the dark sticks” en print ‘n oulike gesegde vir gaste om die dansvloer op te helder. Hierdie element sal sorg vir opwinding en interessante fotos op die dansbaan.

Doen Dit Self - Trou idees

Vir die paartjies met woelwaters by hulle troudag: Print ‘n inkleur papier en koop n paar inkleur potlode om die kleintjie besig te hou op die groot dag.

Maak nie saak wat julle graag by julle spesiale dag wil laat gebeur nie, daar is soveel interessante en goedkoop maniere om sommige elemente self te doen.

Vind net inspirasie op enige sosiale media platforms en doen dit self!
Doen Dit Self – Trou idees

 

Amere Prinsloo

Wedding Editor

Floristry, weddings and family are the 21-year-old Ameré Prinsloo's key to her happiness. Originally from the Free State, she is now an Events Management graduate from The Aleit Academy. With many experiences in every aspect of the industry, she has bigger dreams for her future. She describes herself as creative, loving and the one who does not miss a braai opportunity.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.