Dis Noù Of Nooìt!

Dis vir my skrikwekkend hoe baie mense vandag sonder ‘n visie leef. En ek wonder hoe is jy tevrede om van dag tot dag net te bestaan, dieselfde roetine te herhaal vir 75 jaar en dit dan ‘n lewe te noem, sonder ‘n visie en sonder hoop. Miskien het jy, óf nog nooit geleer om te droom nie, óf opgegee op jou drome, óf jy weet nie hoe om jou drome te verwesenlik nie. Dit is tyd dat jy jou vrese moet agter los en jou lewe verander – Dis Noù Of Nooìt!

Jy het ongeveer 24 869 dae voor jou uurglas leegloop!

‘n Mens se visie is nie net iets wat jy opmaak nie. Ons word daarmee gebore. Dit is in jou DNA en wys jou waarvan jy gemaak is, dit help jou om jou poteniaal te verwesenlik en jou doel te realiser. Dit gee jou rigting en dit gee jou lewe betekenis.

Jy het ongeveer 24 869 dae voor jou uurglas leegloop! En terwyl party van ons dalk meer – en ander dalk minder – dae het om te leef, het ons almal steeds nét ‘n bepaalde kosbare aantal dae om ons lewe ten volle te lei! Jy het nie meer tyd om jou drome langer uit te stel nie – Dis noù of nooìt!

Almal het die vermoë om te droom, maar nie almal is bereid om werklik hul drome na te jaag nie. Drome is net drome tot jy besluit dat dit iets meer gaan wees! Enige iemand kan sukses behaal as hulle net bereid is om ‘n kans te vat. Suksesvolle mense weet dat hul drome die moeite werd is om na te jag, maar hulle aanvaar ook dat daar hindernisse en onsekerheid gaan wees. Hulle laat hulself egter nie daardeur afsit nie.

Hier is 5 feite wat jy moet weet oor sukses:

1. Daar is nie iets soos die “regte” tyd nie

“Nou is nie die regte tyd nie” is een van die algemeenste verskonings wat jy sal hoor by die wat vinnig tou opgee. Ongelukkig staan tyd vir niemand stil nie en ek belowe jou die “regte” tyd sal nooit aanbreek nie. Daar sal altyd iets wees. Dis noù of nooìt! As jy vir die perfekte oomblik wag, gaan jy lank wag of dalk virewig.

2. Jy moet aksie neem

Dit is juis hier waar sommige dromers dikwels vashaak, ‘n Droom of visie beteken niks as jy nie ‘n plan kan maak om dit te realiseer nie. Drome het implementering nodig om dit ‘n werklikheid te maak. Skryf ‘n plan neer oor hoe jy dit kan realileer. Wat het jy nodig? Watter hulp van mense of bronne het jy nodig. Wat is die stappe wat jy gaan volg? 

3. Daar gaan struikelblokke wees

Jy gaan hindernisse teë kom wanneer jy jou droom begin najaag. Struikelblokke en mislukking is deel van die reis en die leerproses. Moenie toelaat dat struikelblokke jou afskrik nie. Dit bied jou die geleentehid om innoverend en kreatief te raak en met nuwe idees op te kom.

4. Daar is nie kortpaaie nie

Die grootste drome is gewoonlik die mees uitdagendste en daar is geen vinnige vorentoe knoppie nie! Meeste mense verwag onmiddelike resultate . Ons lewe in ‘n kits lewe waar alles dadelik beskikbaar is, maar drome werk nie so nie, jy gaan nie in ‘n dag, of ‘n week of ‘n maand maer word nie, jy gaan nie oornag ‘n nuwe besigheid opsit, of daardie huis klaar betaal nie… Dit vat tyd en inspanning en dikwels lewenstyl veranderinge.

5. Niemand anders kan jou drome vir jou realiseer nie

Dit is jou verantwoordelikheid om jou droom te realiser. Elke persoon het sy eie drome en niemand sal ooit so passievol oor jou droom kan wees soos jy nie en ass jy vir ander gaan wag, gaan jou drome later vervaag en uiteindelik sterf! Doen elke dag ‘n bietjie. Sukses lê juis weggesteek in ons daaglikse roetines.

Dit is jou verantwoordelikheid om jou droom te realiser.

Tom Corley ‘n rekenmeester en finansiële beplanner verduidelik In sy boek “Change Your Habits, Change Your Life” dat suksesvolle mense sekere gewoontes en daaglikse roetines het, wat hulle laat uitstaan bo ander. Hy het die gewoontes van 233 welgestelde individue (meestal selfgemaakte miljoenêrs) vergelyk met die gewoontes van 128 mense wat ‘n gemiddelde inkomste verdien (minder as R500 000 per jaar) en die volgende lys saamgestel.

 9 algemene gewoontes van ‘n miljoener:

1. Hulle staan vroeg op

Byna 50% van die selfgemaakte miljoenêrs staan drie ure voor hul werkdag begin op. Hulle gebruik dan die “ekstra” tyd om persoonlike projekte aan te pak, hulle dag te beplan, of tyd te maak vir oefening. Corley sê “’n mens kan beheer oor jou lewe vat as jy vyfuur in die oggend opstaan.” Hy gebruik die tyd om spesifiek te fokus op die drie belangrikste uitdagings van sy dag, dis noù of nooìt! Hy beklemtoon dat dit mense ‘n gevoel van vertroue in jouself gee dat jy inderdaad jou lewe kan beheer en lei soos jy dit besluit

2. Hulle lees baie

Altesame 88% van die suksesvolle group lees ook ten minste 30 minute of meer per dag. Hulle lees ook nie vir vermaak nie, maar verkies biografieë, geskiedenis en selfhelpboeke. Die legendariese belegger en selfgemaakte miljardêr Warren Buffett sê dat lees dié belangrikste gewoonte is wat hy ontwikkel het. Hy lees ongeveer 500 bladsye per dag.

3. Hulle bestee 15-30 minute aan gefokusde denke

Baie van die selfgemaakte miljoenêrs wat Corley ondervra het, het gesê dat hulle tyd maak om alles wat in hul lewens aangaan, te verwerk. “Die rykes is geneig om soggens in isolasie te dink”, skryf hy. “Hulle gebruik die tyd om te besin oor hul loopbaan, hul gesondheid en hul persoonlike verhoudings. Wanneer jy rustig tyd het om jou gedagtes te ontleed, help dit jou om jou stresvlakke suksesvol te beheer.”

4. Hulle maak oefening ‘n prioriteit

Gereelde oefen, maak jou kop skoon en laat jou meer gemotiveerd voel. Die Corley studie het gewys dat 76% van sy respondente 30 minute of meer van hulle tyd elke oggend gebruik vir aërobiese oefeninge soos draf, fietsry of stap. Die miljardêr, Richard Branson, sê byvoorbeeld dat sy oggendroetine om vyfuur op te staan en tennis te gaan speel of fiets te ry, sy produktiwiteit verdubbel.

Gereelde oefen, maak jou kop skoon en laat jou meer gemotiveerd voel.

5. Hulle spandeer tyd saam met mense wat hulle inspireer

“Jy is net so suksesvol soos die mense met wie jy gereeld jouself assosieer,” sê Corley. Selfgemaakte miljoenêrs bied dikwels hulle tyd vrywillig aan motiveringsgroepe aan, wat ‘n uitstekende manier is om ander positiewe, gemotiveerde individue te ontmoet. Jy kan ook aansluit by sulke groepe. Omring jou met mense wat dieselfde loopbaan of persoonlike belangstellings as jy het. Ontwikkel dan jou nuwe verhoudings en netwerke deur kontak te hou. Wees ook kieskeurig by wie jy jou tyd spandeer en maak ‘n punt daarvan om giftige, negatiewe mense te vermy.

6. Hulle streef hul eie doelwitte na

Die meeste selfgemaakte miljoenêrs beplan om ryk te word en hulle laat dit dan ook gebeur. Corley sê 80% van die rykes is “obsessief in hulle strewe daarna om hulle doelwitte te bereik.” Hulle is altyd gefokus op beide hulle daagliks en langtermyndoelstellings.

7. Hulle slaap genoeg

‘n Oorweldigende 89% van die selfgemaakte miljoenêr slaap tussen 7 en 8 uur per dag; en sommiges slaap selfs meer. Dit blyk dat self Albert Einstein in hierdie strategie geglo het. Hy het na bewering ten minstens 10 uur se slaap elke nag ingekry. As jy dus een van daardie mense is wat op jou beste funksioneer as jy goed uitgerus is, het Corley goeie nuus vir jou. “Slaap is van kritieke belang vir sukses”, skryf hy. Hy sê dit help nie net om jou geheue te verbeter nie, maar dit het ook ‘n direkte invloed op jou kreatiewiteit.

8. Hulle het veelvuldige inkomste

Selfgemaakte miljoenêrs vertrou nie op een enkele bron van inkomste nie. 65% van Corley se groep het uit verkeie strome ‘n inkomste verdien. Sy studie wys dat hulle ten minste drie inkomstestrome gehad het voordat hulle hul eerste miljoen gemaak het, byvoorbeeld van beleggings, newebedrywe of vaste eiendom. “Deur die diversifisering van inkomstebronne kan jy die ekonomiese afswaai wat altyd onvermydelik voorkom, deurstaan,” skryf hy.

9. Hulle vermy tydverkwisters

Geld is nie die enigste belangrike komoditeit vir welgestelde mense nie. Tyd is ook van kardinale belang. “As jy jou tyd mors, is dit vir ewig verlore,” skryf Corley. Wees kieskeurig oor die programme waaraan jy tyd spandeer. Te veel mense sit ure voor die TV of Netflix, of blaai vir deur Facebook en Instagram. Hierdie platforms dra niks by tot jou algemene isig of kennis nie. Die tyd wat jy daaraan spandeer is vir ewig weg.

“As jy tyd as jou kosbaarste komoditeit beskou, sal dit jou dwing om meer bewus te raak van presies hóé jy jou tyd bestee en hoe jy dit kan belê,” sê Corley.

kleur jou toekoms in soos jy dit in jou wildste drome verbeel.

Alhoewel daar geen waarborg vir sukses is nie, en jy ook nie weet wanneer jy dit sal beriek nie, sal jy nooit weet hoe jou lewe kan wees as jy nie jou skoene aantrek en gereed maak om dit te begin najaag nie! Dis noù of nooìt! As jy nie met ‘n reis begin nie, kan jy dit nie voltooi nie. Begin om te visualiseer hoe die einde van jou wenpaal lyk en maak seker dat jy dit kry!

Lê waagmoed aan die dag en stel presies vas wat jy van die lewe wil hê en wat jy verwag…gee jou droom vrye teuels en kleur jou toekoms in soos jy dit in jou wildste drome verbeel. Jy sal verstom wees om te sien wat is moontlik wanneer jy die krag van jou potensiaal ontsluit!

Wat motiveer jou om jou drome na te jaag?

Druk hier om meer te lees van ons BLOSS Real Life Editor

 

Melanie Engelbrecht

Real Life Editor

Fascinated by the human mind and its behaviour I followed my curiosity and pursued a B.Com degree in Industrial Psychology and now claim the title of Communication Specialist with a background in Sales and Marketing. My heart beats for adventure and appreciating the smaller things in life. I am a foodie and animal lover with big ambitions to create a platform where I can be loud about the things that are important. I want to encourage and inspire woman around the world to chase and realize their purpose.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.