Die Wegloop Parade

As jy jouself kan losmaak van ‘n giftige situasie; of dit nou ‘n persoon, werk, plek, verhouding of vriendskap is, is jy ‘n optimis wat glo dat jy regtig beter verdien! – Die Wegloop Parade

Wees eerlik met jouself. Is jy werklik gelukkig?

As jy volwasse is, is jy oud genoeg om te weet dat ‘n mens nie sommer moed opgee as die die eerste hindernis oor jou pad kom nie. Jy weet van uithou, volhou en deurdruk. `Jy pas aan, jy kompromeer, jy staan sterk en jy probeer om ‘n oplossing te vind.

As jy al hierdie dinge al gedoen het en jy bevind jouself steeds in ‘n situasie waar dit voel asof die lewe uit jou uit gesuig word, dan is dit tyd vir die wegloop parade! Met jou kop hoog en gedetermineerd is dit tyd om die stof van jou voete af te skud.

Hier is 5 tekens wat aandui dat dit tyd is om aan te beweeg…die rooi flikkerligte…vir jou lewe. Elkeen van hierdie tekens; of dit nou werk, vriendskap, of verhouding is, dui daarop dat iets dalk ernstig verkeerd is. As jy verskeie erken dan weet jy dat dit tyd is vir ‘n groot verandering.


“Soms is dit beter om iets te beëindig en iets nuuts te begin as om jouself in ‘n tronk van vals hoop te hou.”

– Karen Salmansohn


As jy in ‘n situasie is waarvoor jy net nie meer kans sien nie, en dit is moeilik om te verlaat, is dit tyd dat jy dapper moet staan.

Moet jy gaan of moet jy bly? Hier is hoe om te besluit.

1. Jy ervaar meer frustrasie as beloning

In enige situasie ervaar mens die goed en die sleg. Maar wanneer jou ervaring vir ‘n lang tydperk oorweldigend negatief is, moet jy dit oorweeg om weg te loop of ‘n radikale verandering te maak. Een onmiskenbare teken dat dit tyd is vir die wegloop parade is as jy ‘n sug van verligting kan gee, en jou lewe onmiddelik beter voel, met die gedagte van “om op te hou”.

2. Jy hardloop uit oplossings uit

Nadat jy probeer het om die probleem op te los, voel jy nog steeds nie dat dinge verander het nie. Miskien word jy al jare lank ‘n promosie belowe (wat altyd deurgeval het); miskien wag jy vir iemand anders om hul gewoontes te verander. Miskien voel jy iemand verdien nog ‘n kans. Jy wil graag hê dinge moet uitwerk, maar jy kry net nie meer ‘n rede om aan te hou probeer nie. Wanneer jy uit redes uit hardloop om te probeer, beweeg aan.

3. Tyd maak jou ongelukkig

Dit is ‘n groot rooi vlag as jou huidige situasie ‘n tol op jou geestelike en/of fisiese gesondheid eis. Kom uit giftige verhoudings uit waar ‘n maat, kliënt of baas nie jou waarde waardeer nie. (Terloops, dit is nie normaal om al jou hare te verloor, of om teen 10:00 al te begin drink as gevolg van iemand anders nie.) As jy opsien om werk toe te gaan, of vir daardie kuier saam ‘n vriendin, is dit tyd om jou opsies te oorweeg. As jy voel jy sou eerder iewers anders wou wees as saam jou partner is dit tyd om met jouself eerlik te wees en jou situasie te verander.

4. Jy bly om die verkeerde redes

As jy besluit om te bly eerder as om te gaan uit vrees, of as gevolg van hoop, is jy waarskynlik verkeerd daaroor sê die publikasie Psychology Today in ‘n artikel genaamd “Contemplating Divorce“. Is jy bang om iemand se gevoelens seer te maak? Bly jy slegs as gevolg van ‘n gevoel van verantwoordelikheid? Is jy bang om te erken dat jy ‘n fout gemaak het, of om van voor af te moet begin? (Byvoorbeeld: ‘n verkeerde loopbaan skuif en nou moet jy ‘n werk beëindig wat jy pas begin het?) Besluit of die situasie waarin jy jouself bevind iets is wat jou in die langtermyn nog gelukkig gaan maak, en as jy dit nie kan insien nie, is dit tyd om weg te loop.

5. Jou vriende en familie is bekommerd

Terwyl jy nie alleen op ander se advies moet staatmaak nie, wil jou naby vriende en familie net die beste vir jou hê en kan hulle duideliker van buite af in ‘n situasie insien. Dit is soms nodig om na iemand anders te luister wat objektief na jou situasie kyk. As jou familie en vriende aanhoudend vir jou sê om uit ‘n situasie uit te kom, is dit dalk nodig om na hulle te luister.

Begin opnuut!

Dit verg moed om weg te loop en te erken dat dinge tog nie perfek is nie, dat die werk wat jy gedink vir ewig is, of die persoon wat jy gedink het jou sielsmaat (of BFF) gaan wees, nie so wonderlik is nie. Dit is moeilik om weer te begin, maar dit raak nog moeiliker as jy in ‘n giftige situasies bly, of die rooiligte ignoreer en niks verander nie. Hierdie situasies is sielsdodend en as jy nie nie meer kans sien om vir ‘n posisie, partner, werk of vriendskap te baklei nie, weet jy dat dit tyd is om weg te loop.

Op die oomblik knik jy dalk jou kop, gereed om weg te loop, en alhoewel dit voordeleig kan wees om ‘n nuwe pad dapper aan te pak, moet jy steeds seker maak dat jy die regte besluit neem. Toets jouself voor jy jou groot besluit neem…

1. Maak seker dat jy die werklike oorsake van jou ongelukkigheid geïdentifiseer het

Soms is dit ander aspekte van ons lewens wat ons ellendig laat voel en alles beïnvloed. Miskien het jy net ‘n reeks slegte dae gehad as gevolg van iets soos min slaap. Dalk het jy net nie die regte toerusting om ‘n taak suksesvol te voltooi nie, of was jy siek of jou emosies was af. Soek die werklike oorsaak van jou ongelukkiheid.

2. Gee dit kans

Baie dinge, byvoorbeeld ‘n diëet, verg tyd om uit te voer of gewoond te raak. Moenie toelaat dat die nuutheid/onsekerheid daarvan jou afskrik nie. As dit iets is waaroor jy baie passievol is, moet jy ook weet dat dit normaal is om teleurstelling te ervaar en jy moet dalk net deur hierdie fase veg tot dinge makliker raak, hou aan. Dit vat tyd om gewoontes te verander of om nuwe vaardighede te leer.

 3. Probeer ander oplossings

Maak ook seker dat jy verskeie oplossings probeer het. As jy en jou partner altyd oor dieselfde dinge baklei, probeer om vanuit sy of haar perspektief na die situasie te kyk, probeer anders kommunikeer, lees boeke oor die onderwerp of soek hulp by ‘n betroubare vriend of terapeut.

4. ‘n “Back-Up” plan

Weet jy wat jy gaan doen as jy ophou en wat jy moet doen om daarvoor voor te berei. Maak seker jy weet wat jou volgende stappe is en maak ‘n lys van die dinge wat jy moet doen voordat jy die sprong neem om weg te loop. “`Jy moet dalk spaar, of eers ‘n ander werk soek voor jy bedank.

Nadat jy die bogenoemde oorweeg het, kan jy hopelik met vertroue die wegloop parade aanpak!

As jy nog steeds nie weet wat om te doen nie, kan jy uitvind deur ‘n muntstuk te gooi: Gebruik kop of stert vir elkeen van jou twee keuses, gooi die muntstuk in die lug. Die kant waarna jy heimlik gewens het terwyl die muntstuk in die lug was is die regte keuse 😉

Kliek hier om meer te lees van ons Real Life Editor

 

Melanie Engelbrecht

Real Life Editor

Fascinated by the human mind and its behaviour I followed my curiosity and pursued a B.Com degree in Industrial Psychology and now claim the title of Communication Specialist with a background in Sales and Marketing. My heart beats for adventure and appreciating the smaller things in life. I am a foodie and animal lover with big ambitions to create a platform where I can be loud about the things that are important. I want to encourage and inspire woman around the world to chase and realize their purpose.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.