Die Naweek Se Sport In `n Neutedop

Die naweek se sport was om van te kus en keur.

Vir baie lank was daar doodsestilte op ons sportkanale, maar vir die naweek wat verby is, was daar verskeie sportgeleenthede wat kykers op hul tone kon hou.

Hier is die naweek se sport in `n neutedop.

Die Naweek Se Sport: Wimbledon

Suid-Afrika se Kgothatso Montjane, `n rolstoeltennisspeler, het in haar eerste Grand Slam-eindstryd gespeel toe sy die Duister, Diede de Groot, aanpak in die geskiedkundige gebeurtenis. Die 35-jarige Montjane kon nie die mas op kom nie en het in die stof gebyt met `n 6-2 6-2 nederlaag.

Kgothatso Montjane Bloss Magazine

Novak Djokovic het geskiedenis gemaak toe hy sy sesde Wimbledon-titel losslaan Sondagaand met `n 6-7 6-4 6-4 6-3 oorwinning teenoor die Italianer, Matteo Berrettini.

Djokovic staan nou gelyk met die legendes Roger Federer en Rafael Nadal, met 20 Grand Slam titels elk. Djokovic het in die seisoen reeds die Australiese Ope en die Franse Ope titels gewen en mik nou om die Amerikaanse Ope en die Olimpiese goue medalje te wen, wat hom die eerste speler sal maak om `n Golden Slam te wen.

GOAT tennis players Bloss Magazine

Die Australiër, Ash Barty, het die Vroue Enkelspeltitel gewen toe sy haar opponent, Karolina Pilskova, uitoorlê met `n 6-3 6-7 6-3 oorwinning. Barty, ook die huidige wêreld No.1, is die eerste Australiese vrou sedert Evonne Goolagong Cowley in 1980, om dìè gesogte titel te wen.

Die Naweek Se Sport: UFC 264

Die geleentheid het in die middernagtelike ure (Suid-Afrikaanse tyd) afgespeel by die T-Mobile Arena in Paradise, Nevada in Las Vegas.

Die hoof aantrekkingskrag was die geveg tussen Dustin Poirier en Conor McGregor. Die berigte McGregor en Poirier se geveg is in die doodsnikke van eerste rondte stop gesit, toe McGregor `n frats breuk in sy been ondergaan. Poirier het toe weg gestap as wenner van die geveg. McGregor het intussen `n operasie ondergaan en sal na verwagtng ten volle herstel.

Nog `n Suid-Afrikaner het opskudding gemaak by die geleentheid. Dricus du Plessis het `n merkwaardige oorwinning behaal toe hy sy opponnet, die Amerikaner, Trevin Giles, `n uitklophou gee in die tweede rondte van die geveg.

Die uitklophou het ook gesorg vir du Plessis om weg te stap met die prys vir beste geveg van die aand. Dit is du Plessis se tweede wen in die UFC na hy die skuif gemaak het vanaf EFC.

Dricus du Plessis Bloss Magazine Die Naweek Se Sport

Die Naweek Se Sport: UEFA EURO 2020

Die langverwagte finaal van die toernooi het Sondagaand tot `n einde gekom toe Italië `n sege behaal teenoor hul opponent, Engeland.

Die wedstryd was taai, met `n telling van 1 elk toe die eindfluitjie blaas. Die wenner van die gesogte trofee moes toe deur strafdoele bepaal word, waar Italië as oorwinnaars kon weg stap met `n 3-2 oorwinning.

Bloss Magazine UEFA EURO

Die Naweek Se Sport: Suid-Afrika vs. Ierland

Die eerste Eendagtoets tussen Suid-Afrika en Ierland se manskrieketspanne is noodgedwonge uitgestel weens reën. Ierland het 195 lopies in 40.2 boulbeurte behaal voor die wedstryd uitgestel is. Geen wenner kon bepaal word nie en beide spanne het 5 punte verower.

Die tweede Eendagtoets skop op Dinsdag 13 Julie af en die derde en laaste Eendatoets word gespeel op Vrydag, 16 Julie.

Die Naweek Se Sport In n Neutedop

Reinette Venter

Sport & Fitness Editor

I remember when I was still a young girl I would sit in front of the class to listen to all the stories and ask the most questions. I had a desire to know more, of everyone and everything and I guess that's where my love for writing and telling stories started. After studying Journalism, I became a teacher and a coach. Working with the youth has brought me immeasurable pleasure in hearing and telling more stories and I hope to share even more incredible stories through this platform.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.