Die #kindinmy is opgewonde!

Ek het besluit die lewe is lekker, het fairytails en mens kry so iets soos unicorns en ‘n pot goud aan die einde van die reënboog. Hoekom nie?! Jy kies mos jou emosie. Jy kies om happy te wees. Jy kies die dinge waarvan jy hou. Jy kies die mense om dit mee te deel. Jy kies en bepaal jou eie geluk. Somtyds het elkeen maar ‘n bietjie simpel-wees nodig om te sorg dat die lewe ‘n lekker plek is. Ek dink dis tyd dat ons weer die kind in onsself ontdek en die lewe geniet soos ons suppose was om dit te geniet.

Net soos Januarie se tema moet ons weer ons innerlike vreugde ontdek. Hierdie somer geniet BLOSS die lewe op alle vlakke. Koop ons nuwe uitgawe op Magzter.com – #kindinmy met Katinka die Kat op ons Januarie cover. Sy is een van ons 10 wenners wat aangewys is as influencers in die jeug.
Met hierdie uitgawe launch ons BLOSS YOUTH met ‘n groot YOUTH EXPO 16 Februarie 2019 by Monte Dios, Pretoria. Kyk ook uit vir die styled wedding shoot met Pascal Pienaar, asook ons funky-verby mode shoot met rollerblades. Laastens hou BLOSS vakansie hierdie jaar op Hartenbos en Mosselbaai saam met die ATKV Hartenbos en Volkswagen. Hope pryse is op die spel en as jy jou gunsteling sanger wil sien of soen… kom maak ‘n draai by die BLOSS kantoor op Hartenbos se strand. Solank mens kan lag en mense het om jou saam met wie jy kan lag, kan mens enige iets trotseer. Kies jou mense reg en weet watter mense jy eerder net vriendelik moet groet en aanbeweeg. Moenie grudges hou nie en maak seker jy is vry van enige bitterheid. Bitterheid kan jou opvreet van binne. Dit gesê is daar 3 tipes mense wat jy nooit moet vergeet nie, vergewe en gaan aan, maar weet wie dit is, sodat jy nie dieselfde fout tweekeer maak nie: 1. Die mense wat jou gehelp het deur moeilike tye. 2. Die wat weggeloop het uit jou lewe, in jou moeilikste tye. 3. En dié wat vir jou moeilike tye veroorsaak het. Omring jouself altyd ook met 3 groepe mense. Dis belangrik dat jy hierdie 3 groepe altyd in balans moet hou en by hulle leer. Die eerste groep is mense wat dalk jonger is as jy of wat onder jou werk in ‘n korporatiewe omgewing. Dis die groep wie jy in die lewe optrek, maar ook leer jy by hulle en hulle herrinner jou waar jy vandaan kom. Die 2de groep is mense op jou vlak. Mens hoef nie altyd iets te leer nie, maar kan soms ook net wees. Hierdie groep is ‘n groep saam met wie jy groot geword het in jou industrie, mense saam met wie jy geswot het of in baie gevalle jou vriendekring. Dis mense wat min of meer jou ouderdom is of mense met dieselfde belangstellings. Die 3de groep is mense wat ouer is as jy of beter doen as jy in die lewe. Dis die mense wat jy kan sien as ‘n mentor, mense na wie jy opkyk, mense wat suksesvol is of mense wat reeds hulle drome bereik het. Hierdie groep trek jou op in die lewe.
Leer soveel jy kan, waar jy kan en lag baie.
Leer soveel jy kan, waar jy kan en lag baie. Kies die mense in hierdie 3 groepe baie slim, want jy word soos die 5 mense met wie jy die meeste tyd spandeeer of jouself omring. As jy sit en mooi dink – wie is die 5 mense saam met wie jy die meeste tyd spandeer in jou lewe? Is jy tevrede om te weet jy word soos hulle of moet jy mooi gaan dink wie jy geword het? 2019 lê soos ‘n blank canvas oop voor ons en ek wil bars van opgewondenheid! My 2019 canvas het reeds begin kleur kry en ek weet presies wat ek daarop wil verf. En jy? Is jy uitgesort, weet jy waarheen jy oppad is? Is jy seker oor die mense in jou lewe? Weet jy wie jy is en wat jou drome is? Ek het geleer dat geluk nie iets is wat jy kan besit, dra of eet nie. Maar eerder iets is soos ‘n innerlike ondervinding deur elke oomblik voluit met liefde, grasie en dankbaarheid te leef. Raak rustig oor die vakansie-tyd en vat jou tyd om oor alles te dink. Moet nooit besluite maak wanneer jy onder druk is of negatiewe emosie ervaar nie. Ek gee elke jaar vir myself ‘n tema. Dis nog iets wat ek by Lira geleer het toe ons haar Move! cover geshoot het way back when. Hierdie jaar is my tema “oorvloed” of “abundance”. Ek gaan alles hierdie jaar met opgewondeneheid doen en in oorvloed. Ek kan nie wag wat 2019 inhou nie.
2019 is my jaar van “oorvloed” of “abundance
Weet wie jy is, vind die kind in jou, wees laf en lag baie hierdie jaar, maar maak ‘n punt om hierdie te onthou: Don’t stop when you’re tired. Stop when you’re done. – David Goggins. Vat 2019 en gee jou beste! Want jy… jy is amazing. Jy is reeds suksesvol. Jy… is ‘n vrou!
Our Editor’s top picks this holiday season. BUY THESE PRODUCTS Strands-of-Love Extensions and GHD PLATINUM+ GLACIAL BLUE STYLER

Gaan groot en geniet jou vakansie. Baie liefde en lag! M
Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.