As mens aan boks dink, dan dink jy aan ’n manlike dominerende sport, selfs in vandag se moderne era…

Min mense is bewus van die feit dat die vroulike geslag al ongeveer 300 jaar gelede aan die bloedige sport belang gestel het. Dit was egter nie boks soos ons dit vandag ken nie. Gevegte het plaas gevind in kroeë, klein arenas en agterstrate. Daar was geen reëls nie. Gevegte is kaalhand gedoen. Daar is geskop, gekrap, geklap en soms selfs klein steekwapens gebruik.

Elizabeth Wilkenson word in die algemeen as die eerste vrouebokser beskou.
Sy het haarself die “European Championess” genoem en sy het teen beide mans en vroue geboks. Dames wat Boks
In 1722 het Elizabeth vir Hannah Hyfield uitgedaag tot ‘n boksgeveg deur middel van ‘n koerantberig wat sy in die “London Journal” laat plaas het.
“I, Elizabeth Wilkenson, of Clerkenwell, having had some words with Hanna Hyfield, and requiring satisfaction, do invite her to meet me on the stage and box me.”
Die geveg het slegs 22 minute geduur. Elizabeth het getriomfeer. Na hierdie geveg het Elizabeth bekend geword as Brittanje se mees gewilde vrouebokser en het sy die bynaam “Lady Bare Knuckles” gekry.

Die eerste aangetekende geveg in die Verenigde State van Amerika het plaasgevind in 1867 in die New York Hills teater tussen Nell Saunders en Rose Harfield. Let wel, Nell Saunders het met die prys weggestap: ‘n silwer botterbakkie!
Boks was beskou as onwettig tot laat in die 19e eeu. In 1904 is ‘n vroueboksgeveg gereël as ‘n demonstrasie/vermaaklikheidsgeveg tydens die Olimpiese Spele in St Louis, Missouri. Vroueboks is egter eers in 2012 as ‘n Olimpiese sport erken.
Vroueboks in Suid-Afrika is nog in haar kinderskoene. Sandra Leigh Almeida het in 2007 die eerste Suid-Afrikaanse professionele vrouebokser geword. Dit behoort interessant te wees om te sien wat Boks Suid-Afrika in die toekoms gaan doen om vroueboks te bevorder. Dames wat Boks

Sandra Leigh het een maal gesê: “Boxing is beautiful and it makes you face your issues”.
Lees gerus meer oor die sport van boks en die impak van dié sport wêreld wyd in die Januarie uitgawe van www.bloss.co.za
Kliek hier vir meer sport stories deur ons BLOSS Sport Redakteur
Dames wat Boks