Hoe keer jy terug van pyn en gebruik dit tot jou grootste groei nog?
Die term “conquer all” beteken nie noodwendig om alles in die lewe te wen of te hê nie. Maar eerder om op ’n plek te kan staan waar jy grounded is, vrede in jouself het en jou rol in hierdie lewe verstaan.
Een van my sterkpunte was nog altyd om terug te bounce van seer af, daaruit te leer en weer aan te gaan. Dit is eers onlangs dat ek begin verstaan het waaroor seer regtig gaan en hoe awesome dit is om te kan groei. Jy kan jou seer doelbewus gebruik tot voordeel van jou lewenspad.
Om te groei is nooit lekker nie, want dit kom met baie onbekendes. Dit trek jou uit jou comfort zone, daar is risiko’s aan verbonde en natuurlik seer. Maar die lekker ding is, wanneer jy eers gegroei het, kan jy nooit teruggaan na die plek waar jy was nie.
Daar is basies twee oorsake vir groei of transformasie in ons lewens:
1. ’n Skielike dilemma wat jy beleef. ’n Situasie wat seer is en waardeur jy moet werk.
2. Die geleidelike opbou van iets wat in jou kop is/waaroor jy dink en daardeur werk.
Eerste situasie is iets soos ’n egskeiding, om iemand aan die dood af te staan, molestering ens. Die tweede situasie is wanneer jy die wêreld in ’n ander manier sien deur die boeke wat jy lees, videos wat jy sien of iets by iemand hoor.
Dis trigger points wat jou meer en verder wil gaan laat oplees of daarvan leer. Dis stadiger, maar ’n baie lekkerder groeiproses. Ek het hierdie nog altyd verstaan, maar oor die volgende konsep is ek baie opgewonde: “The wound is the place where the light enters” – Rumi. Dit beteken doodeenvoudig dat jou seer gewoonlik die “ding” is, jou core belief of die beginpunt is waaruit jou lewensdoel ontstaan.
Met ander woorde – my passie is jong vroue. My lewensdoel is om ’n platform te bou met die regte tools waar jong vroue veilig voel, nie gejudge word nie, hulle help, leer en empower. Dit weet ek al baie lank en daarom BLOSS ook.
Ek het nooit besef dat die verskillende seer waardeur ek vanaf jong dogtertjie tot in my laat 20’s moes gaan, alles goed was wat my core belief vir jong vroue en om hulle te help sterker maak nie.
Hierdie liberating gevoel kan net kom as jy bereid is om te groei. Dit is soos hulle se: “If you can’t take a good rub, how can you ever become a polished gem?”. So, staan op en skyn!
Selfs Google het die positiewe in seer begin sien. “Google recently demonstrated that its best employees were not Ivy League students, but rather young people who had experienced a big loss in their lives and had been able to transform that experience into growth.
According to Google, deep personal loss has resulted in employees who are more humble and open to listening and learning.” En hoe baie van ons kan hiermee vereenselfwig? Dis tyd dat ons transformasie kies.
Deur transformasie en groei, kry ons lewe ’n betekenis en verstaan ons hoekom ons gebore is. Dan eers verstaan jy jou volle potensiaal.
Daar is twee reëls om te onthou wanneer jy optimaal wil groei:
Reël 1
Your “thing” is not about your “thing”. Your “thing” is nothing more than a vehicle for your personal growth.
Jy kan “thing” deurtrek na enige area in jou lewe. Ons moet leer: jou besigheid gaan nie oor jou besigheid nie. Wat maak dit saak as dit ’n Miljoen Rand sterk is. Die vraag is – Het jy iets geleer deur jou besigheid?
Jy moet verstaan dat jou besigheid ’n voertuig is vir jou om iets uit hierdie lewe te leer. Om te misluk in iets, is OK. Want wat is mislukking? Dis om iets te leer, seer te beleef en daaruit te groei. En dis great, want seer maak jou awesome!
Reël 2
Your life is not about you. Your life is about the lives of everyone you touch.
As jy in die oggend wakker word en jy voel alleen, depressief en hartseer moet jy onthou – jou lewe gaan nie oor jou nie, maar oor elke persoon wie jou lewe raak. Jy het ’n verantwoordelikheid nie net teenoor jouself nie, maar aan die mense om jou. Hulle maak staat op jou.
Elkeen van ons is gebore om konstant aan onsself te werk, maar ook om die wereld ’n beter plek te maak. Wanneer jy by in ’n plek instap, stap jy in met die verantwoordelikheid om daardie plek ’n gesonde plek te maak op een of ander manier. Al is dit een kompliment op ’n slag.
Wanneer jy hierdie twee reëls verstaan, verstaan jy dat jy ’n purpose het. Dat jy vir iets staan wat vanaf jou core af kom. Iets beter en groter as net dit waarin jy glo. Waarvoor staan jy?
Ek staan vir transformasie, unity en liefde – daarom BLOSS. ’n Platform vir alle jong vroue en nie net Afrikaanse girls nie. Ek wil ’n impak maak onder ’n hele generasie jong vroue. Om hulle toe te rus met tools om as sterk vroue weer die generasie na hulle groot te maak.
Die CLUE staan in jou seer. Seer is baie keer jou siel se manier om vir jou ’n clue te gee wat jy moet doen in die wereld. Gebruik jou seer om uit te figure wie jy is en waarvoor jy gebore is.
Wat jou purpose in die lewe is, want jy is deel van iets baie groter as wat jy dink.
Wil jy vry wees van seer en begin lewe? Want hier is die beste deel! Die lekkerste is wanneer jy jou SEER vat en jy kan uitfigure waarvoor jy STAAN.
Wanneer jy uitfigure hoe om dit waarvoor jy staan te kan implimenteer in jou purpose in, verdwyn die seer. Jou wonde genees en begin jy pyn omdraai in doelgerigte visie.
“Suffering ceases to be suffering at the moment it finds a meaning.” – Victor Frankl
Ons het nodig dat jy jouself groei, maar ook die wereld buite verander. Ons het nodig dat mense genesing vind en sterk word, slegs daardeur kan ons indirek die wereld begin heel.
Ek los julle met hierdie quote:
Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that most frighten us. We ask ourselves, “Who am I to be brilliant, gorgeous, talented and fabulous?” Actually, who are you not to be? You are a child of God; your playing small does not serve the world. Marianne
Mag 2021 ’n great jaar wees van groei en genesing.
________________________________________________________
Conquer All – Spring Terug van Pyn en Gebruik dit tot jou Voordeel!