Bouwer en Bennie: Q&A September 2021

Lees Meer Oor Bouwer & Bennie!

Ons het lekker gesels met Bouwer Bosch en Bennie Fourie in die nuutste September uitgawe van Bloss, maar die pret is nog nie verby nie. Bouwer en Bennie antwoord nog vrae hier onder, PLUS check van hulle snaakse advertensies uit as jy lus het om te huil van die lag. Pssst, as jy nog nie het nie, gaan laai die nuutse uitgawe van Bloss hier af.

Bouwer en Bennie hardloop saam ‘n produksie maatskapy met die naam Freckle Agency. Saam maak hulle die snaakste advertensies ooit en het al met groot brands soos Vodacom, Lekke Slaap en King Price gewerk. Loer hier na ‘n paar van hulle videos:

Bouwer

Hoe het jy en Bennie ontmoet en begin saamwerk?

Ek ken vir Bennie al van universiteit af. Ons het nie saam geswot nie, eks bietjie ouer as hy. Ons albei was deel van hierdie komedie groep, Lag Nes. Ek was die aanbieder en hulle was die komediante in die show. Ons het so begin saam werk en mekaar leer ken en begin sketse skiet toe ons saam op universiteit was. 15 jaar terug het ons begin met sketse skiet. Pretty much dit was ons nou doen het ons 15 jaar terug begin doen, net met geen budget en baie minder kennis. Nou dat ons ouer is, weet ons darem meer en het ons die voorreg om met amazing kliënte te werk.

Hoe sal jy julle twee se verhouding as business partners maar ook as vriende beskryf? 

Ek is baie bevooreg om vir Bennie as een van my beste vriende te hê maar ook as my business partner. Ek dink die voordeel van ons vriendskap wat ook ‘n besigheids verhouding is, is ons het dieselfde sin vir humor. Ek en hy het nogals baie dieselfde tipe toon van komedie. Ek dink hy’s ‘n genius as dit kom by konsepte, hy’s ‘n genius as dit kom by skryf en directing. Ek dink wat ons verhouding ook spesiaal en goed maak is waar ek goed is met vinnige one-liners om ‘n ding funnier te maak, hy baie keer leiding sal neem met directing en skryf. Ons vul mekaar goed aan in dit. Ons weet ook niks is belangriker as ons vriendskap nie. Ons sal nooit iets doen wat ons vriendskap sal belemmer nie, soos geld of ‘n kliënt. Ons weet wat belangriker is in die lewe. Hierdie is op die ou einde ook net ‘n side hustle vir ons. Ons groot liefde is steeds musiek aan my kant en syne is TV en film.

Met watse brands het julle (Freckle Agency) al gewerk? 

Ons het al die voorreg gehad om met amazing brands te werk soos Vodacom, die National Lottery, King Price en Lead Home. Lekke slaap is een van ons lekker kliënte want hulles lekker Afrikaans en hulles oop vir sports. 

Hoe het jy besef jy hou van komedie. Was jy snaaks as kind? 

Een van my beste vriende van Potchefstroom, Conrad Verwey, is ongelooflik snaaks en ek en hy het altyd Leon Schuster se goeters oor ge re-enact en dan het ons dit afgeneem met hulle kamera. Ons het net altyd die ridiculouste goed gedoen op hulle plaas. Ek en hy het baie lekker rond gejoke en ek het baie komedie elemente by hom geleer. Ons jeug werker, Francois Esterhuizen, wat op Potch was, het ‘n groot impak op my lewe gehad. Hy was baie snaaks en hy het Lag Nes, ‘n komedie groep, begin waar ek vir Bennie ontmoet het. Ek dink ek was maar altyd lucky om iemand te wees wat skerp is en buite die boks dink in die vriendekring en waarookal ek operate. Ek het nog altyd van komedie gehou en mense laat lag net om mense te laat beter voel. Die lewe is rof, man. As jy enige iets kan doen wat iemand se dag beter kan maak, iemand kan laat lag, dan voel ek jy moet go for it. Dis amper asof dit ‘n gift is.

Waar kry julle julle inspirasie vandaan? 

Waar ons inspirasie vandaan kry is maar uit die wêreld uit. Uit die lewe.  Ons probeer baie kyk na wat is relevant in die land op die oomblik en wat gebeur. Waaraan kan mens latch? Want dit is op die ou einde wat mense ken. Hulle ken manet die goed wat in die land aangaan. Dis hoe jy relevant bly. Ons hou baie keer ‘n skryf workshop dan sal ons ‘n paar mense in kry wat ons weet funny is en dan dink ons aan idees en ons werk vir so twee ure lank. Ons gooi net alles op die tafel en dan kom ons ook so met idees op. 

Advies vir iemand wat ‘n grappie maak en niemand lag nie? 

Wat ek probeer doen is ek probeer myself uithaal. Komedie werk so; daars altyd ‘n victim in ‘n joke. Dis soos Jan van der Merwe stap by die bar in… Jan van der Merwe is die victim want hy’s dom, die joke val op hom. Elke grap het ‘n slagoffer en as ek ‘n joke vertel en niemand vang wie die slagoffer is nie, dan maak ek soms myself die slagoffer. Ek depricate myself. Dis ‘n easy way om net ‘n lag te kry en aan te gaan dat dit nie so awkward is nie. 

Wat is jou gunsteling comedy sitcom series? 

My gunsteling sitcom of komedie show van alle tye sal altyd The Office bly, dis my gunsteling show.

Bennie

Kry jy ooit writers block?

Ja, ek kry nogals writers block. Veral wanneer jy iets amazing moet uitdink vir iemand. Jy weet as jy dit het en jy weet as jy dit nog nie het nie. As jy dit nog nie het nie, jis dan sit jy. Jy ploeg en jy sukkel. Maar dis eintlik net ‘n manier om te sê jy het nog nie daar uitgekom nie. Jy moet manet sit en deur dit werk.

Wat is vir jou die lekkerste ding van op stel wees?

‘n Stel het ‘n amazing gevoel want almal is daar met een gemeenskaplike doel. Dis gelyktydig weermag maar dis ook jou tjomme. Dis weermag in terme van dat almal weet presies wat hulle moet doen, elke afdeling weet aan wie hulle moet raporteer. Dis ‘n uitgesoekte, baie unieke groep mense wat in die film-bedryf is wat rerig go-getters is en voel dat niks onmoontlik is nie. Dit is ‘n baie lieflike plek en ek hou daarvan om die energie lig te hou dat almal voel hulle kan deelneem en voorstelle maak.

Wat is jou gunsteling knock-knock joke?

Dis ‘n joke wat ek in The Office gehoor het:

Knock knock.

Who’s there?

KGB.

KGB Who?

*Slaps through face* We should ask the questions!

Was jy al ooit bang dat mense nie gaan lag vir jou skits nie? Hoe kom ‘n mens oor daai vrees?

Eks nie bang dat mense nie vir my gaan lag nie. In teendeel, ek maak ‘n duisend grappies en baie mense lag nie vir my nie. Jy bou maar ‘n harde vel op en dan probeer jy weer. Ek sê altyd, ek dink nie eks die snaakste mens in die vertrek nie, maar ek dink eks die ou wat die meeste pylle skiet. Hoe meer pylle jy skiet, hoe meer van hulle gaan dalk tref. So, dis hoe ek dit sien. Ek dink ek het ‘n lekker harde vel as dit kom by mense wat nie vir my lag nie.

Suid-Afrika is dankbaar vir Bouwer & Bennie wat ons kan maak lag, selfs in donker tye (dankie, Eskom). Hou so aan, julle twee!

Lees meer vanaf ons Sosiale Redakteur hier.

Stanzi Malan

Social Editor

Stanzi Malan is a young actress, presenter and writer who is passionate about the performing arts. After completing her Honors degree in Dramatic Arts at the University of Pretoria in 2020, she went on to work in the film and entertainment industry. When she’s not on stage or on set, she’s creating videos for her Youtube channel or creating content for her Instagram page. She loves being both in front of and behind the camera. She has many exciting projects coming soon, such as presenting an episode of Skole Top 10 on KyknetNou and many more!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.