Boekresensie: Als Is ‘n F*kop

TOBI JOOSTE – ALS IS ‘N F*KOP boekresensie
(UITGEGEE DEUR NALEDI) info@naledi.online  (078) 648-8616

Steve Hofmeyr se woorde oor die boek.

Is daar tog iemand oor met 20/20 visie? Kan iemand soos ons asseblief nou vir ons en ander soos ons sê dat ons nie alleen is in hierdie verdomde krisis nie! Is daar iets te leer uit vorige f*kôps of is ons f*kôp ‘n spiksplinternuwe f*kôp? 

Boekresensie: Als Is 'n F*kop
Boekresensie: Als Is ‘n F*kop

Hierdie is so ‘n gesprek.

Die tema van kwesbaarheid verdien om bespreek te word, nou meer as ooit. In verstaanbare taal. Niks meer of minder sal help nie. Dit verdien meer as ‘n braaivleis en ‘n twiet. Dit eis meer as die rou statistiek van ylende politici. Dit verdien 20/20 visie. Meer eenvoud sal ‘n vervlakking wees van empatie en dalk ook ‘n onderskatting van ons pyn. Meer hoogdrawendheid sal pretensieus wees. En daarvoor het niemand meer tyd nie.

Dit moet nou gebeur. Ons kan nie meer – soos op ons president – sit en wag op die kaptein nie. Hierdie is nie ‘n tyd vir watertrap nie. Hierdie is 20 blerrie 20. Ons is voos gewag vir Godot en haar valse gode. Die kenners ontken, die ontleders is ledig en die analiste is listig. Twitter is fopnuus en nuus sal nooit weer meer wees as ‘n halwe leidraad nie. Ons, sonder toegang tot ivoortorings, skree: Here God, waarnatoe?

En Tobi is reg. Dié gesprek sal relevant bly, met of sonder, en lank na, die Covid pestilensie. Dit sal daar wees totdat jy leer dat God se parmantige swye ook ‘n antwoord is.

Ekself is ‘n pessimis. Daar’s geen voordeel aan nie, behalwe dat jou dag omtrent nooit so sleg uitdraai as wat jy voorspel het nie. My resep is nie ‘n geheim nie. Daar is nie een nie. Myne is paaisielkunde. My feilbaarheid is ooglopend genoeg. My lewe ploeg maar van bakboord na stuurboord en ek maak werk daarvan om die juwele daarin as hoogtepunte te onderstreep. Wie vier in elk geval sy nederlae? 

Ek het hierdie gelees en geweet my ou negatiewe filosofie het ‘n skobbering weg. ‘n Boere afrantseling. Een wat ek nodig gehad het. Hierdie is ‘n lied wat almal kan saamsing. Dis joune. Toe Edith Piaf een van Aznavour se liedjies hoor, het sy vir hom gesê: “Charles, this song is me!” En toe vat sy dit.

Tobi Jooste omskryf ons tameletjie en lei ons daardeur met ‘n deernis eie aan hom. Hy wil hê gewone mense moet die Abraham Lincoln in hulself gaan vind.

En as jy klaarmaak sal jy sê: Tobie, dié lied is ek.

Vat dit dan.

Steve Hofmeyr l  Pennington 2020

Gaan koop vandag nog Tobi se boek – beskikbaar aanlyn by Naledi Uitgewers asook by alle boekwinkels landswyd

Druk hier vir ons Boekklub

Trudi Stander

Co-owner

With more than 18 years of experience in the media industry that includes TV, Magazine, Newspaper & Radio Trudi Stander, co-owner of BLOSS Media believes that every moment we are alive is precious. Treat it as such and don’t waste a single second. Be brave, and don't be afraid to assert your power in the pursuit of your dreams. Set your goals, and accomplish them, but be kind to yourself. Make things happen without permission - be strong and face life without fear.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.