Bloss Gesels Eksklusief Met Mila Guy

Mila Guy is ‘n 28 jarige Suid Afrikaanse aktrise wat bekend is vir rol vertolking in flieks soos Ballade vir ‘n Enkeling, Vir Die Voëls, Wonderlus, Vuil Wasgoed, Liewe Kersfeesvader, Desember, Stille Nag, Soek jy ‘n Lift and Parable.

Soos Mila haar professionele leertjie na die vermaaklikheid-sukses klim, het sy onlangs haar debut as regisseur gehad.

Bloss gesels eksklusief met Mila om bietjie dieper te delf in wat ‘n regisseur is, hoe sy die proses hanteer het en wat die volgende bestemming in haar professionele loopbaan is.

Die Begin Poster
Die Begin Poster

Die Begin is beskikbaar om gekyk te word op KykNet vanaf 21 Maart.

  1. Hoe lyk die werkbeskrywing van ‘n regisseur?

Mila: “ʼn Regisseur is basies die toesighouer vir ʼn film; dié persoon hou toesig oor die akteurs asook al die ander departemente om seker te maak dat die finale film in lyn met die oorspronklike visie is.

Waar die skrywer die woorde bymekaar sit, sien die regisseur die film in prentjies deur die volgende in ag te neem: hoe gaan die film lyk, hoe moet dit geskiet word, hoe gaan die fliek voel en hoe gaan dit vloei om ʼn storie suksesvol oor te vertel.

Dit was vir my so vreemd om hierdie rol aan te vat. Skielik is jy in beheer oor soveel meer dinge en jy het ook ʼn sê oor soveel meer. Mense vra my meer vrae, wat rêrig interessant was. Lang storie kort, die regisseur is in beheer van die film om seker te maak dat die prentjie tot lewe kan kom.”

  1. Dit was jou eerste ervaring as regisseur – hoe was dit om op so jong ouderdom dié rol in te neem?

Mila: “Ek noem myself nog nie ʼn regisseur nie – dit was vir eers net ʼn toetslopie vir my. Nogtans, was dit ʼn ongelooflike ervaring wat ek gate uit geniet het.

Voordat ek hierdie rol aangepak het, het ek eers ʼn kort film gemaak. Ek het Ansu Visser genader. Sy wou iets skryf, en ek wou die regie behartig. Nadat Ansu bevestig het dat sy deel wil wees van hierdie proses, het ek twee vriende genader om die kort film ʼn realiteit te maak. En so het ons die kort-film weergawe van Die Begin in my kombuis geskiet.

ʼn Rukkie later hoor ek toe dat KykNet Silwerskerms weer geleenthede het vir 50 minute lange kort films. Alhoewel Die Begin slegs 8 minute lank was op daardie stadium, was daar alreeds ʼn volle storie uitgelê om hom langer te maak. Ek het die film aan Red Pepper voorgelê en hier is ons nou!”

  1. Was die werklike ervaring soos wat jy gedink het dit sal wees?

Mila: “Dit was soveel meer as wat ek ooit gedink het dit sal wees. Die ervaring kon soveel meer oorweldigend gewees het, maar ek het seker gemaak dat ek goed genoeg voorberei is sodat die emosies my nie oorweldig op die dag nie.

Ek het gedink dat ek meer tyd gaan hê met elke departement om voor te berei, maar omdat hierdie fliek so vinnig geskiet is, het dit toe nie gebeur nie. Ek dink as jy flieks maak, is die werklike ervaring nooit soos jy dink dit gaan wees nie.

Met tyd het ek geleer dat al wat jy kan doen is om goed genoeg voor te berei sodat jy ten volle teenwoordig is op die dag. Iets kleins soos byvoorbeeld  ʼn sekere prentjie teen die muur, kan jou heeltemal omver gooi as jy nie spasie vir jouself gelos het om aanpasbaar te wees nie.

Ek is ongelooflik trots op die akteurs se rolspel en ek voel vreeslik geëerd dat hulle my vertrou het.”

  1. Wie het Die Begin geskryf en hoe het dit ontstaan?

Mila: “Hierdie is Ansu Visser se storie. Sy het hierdie storie ʼn ruk terug vir KykNet se Silwerskerm fees geskryf, en dit het nooit deur gegaan nie.

Nóu weet ons hoekom hy nie deur gegaan het nie: die Here het altyd ʼn plan met alles. Ek glo dat hierdie storie baie na aan mense se harte is. Ansu het my vertrou om idees te gee en saam het ons die storielyn uitgebou.

Dit was ʼn wonderlike geleentheid om as twee vrouens, wat beste vriendinne is, saam groot ‘eerstes’ op ʼn jong ouderdom aan te pak. Die proses, van begin tot einde, was letterlik op vertroue gebou.”

  1. Hoe het jy die akteurs gekies? Was dit maklik om die lyn tussen aktrise en regisseur te balanseer?

Mila: “Ansu het die film geskryf en sy was ook in die kort film – dit was so lekker ondervinding, want Ansu bly langs my. Alles is by die huis. Ons kon saam werk toe ry of stap.

Verder het ek mense gesoek met wie ek kon saamwerk en brainstorm. Ek het saam met Wilhelm van der Walt gewerk op ʼn ander KykNet projek en hy het spesiaal van die Kaap af gekom.

Wanneer dit kom by die by-karakters, glo ek dat Augusta net ʼn fenomenale aktrise is. Beer Adriaanse se rolvertolking is so natuurlik en hy het ʼn lekker komedie streep aan hom.

Hanli Rolfes en Louis Minnaar is beide gesoute akteurs wat ten volle vertrou kan word. Met ʼn span soos hierdie was my denke net, ‘yes lets do this!’.

Om ʼn aktrise te wees, is om baie meer in die oomblik te wees. Omdat my rol so klein was, het ek meestal my regisseur hoed opgesit wat darem nie te moeilik was nie.”

  1. Nou dat jy die regisseur-titel onder jou belt het, wat is jou volgende doelwitte in die film industrie?

Mila: “My volgende doelwit is om weer ʼn regisseur te wees. Ek het laasjaar ingeskryf vir die KykNet Silwerskerm fees, en wel ingekom, maar met die pandemie is dinge bietjie uitgestel. Dit gebeur wel hierdie jaar!

Ek wil fokus om meer geleenthede te kry en om te evalueer of ek goed is in hierdie. Mens is altyd onseker oor wat die kritiek gaan wees en of iemand net gaan se ‘nee, sy moenie weer ʼn regisseur wees nie’.

Ek glo vas dat almal êrens moet begin, so ek sien uit om myself te bewys en meer te groei in die industrie. Ek wil graag ʼn hoofrol speel in ʼn drama reeks. Ek is hier vir elke geleentheid.

Ek wil aanhou droom en die drome wat ek droom ʼn realiteit te maak. “

Kyk die lokprent hier. 

Lees meer blogs van ons Vermaakliheids Editors. 

Bloss gesels eksklusief met Mila Guy

Bloss gesels eksklusief met Mila Guy

Natania Tesnar

Natania Tesnar is a vibrant and spontaneous 28-year-old who aspires to motivate people to believe in themselves again. As a BCom Communications graduate, Natania channels her energy to grow as the ambitious woman she is. By day, she works as a Public Relations- & social media professional in the IT- and business sector; by night, she tries to take over the world with her relatable & storytelling blog and brand she is building, That Fat Girl. She practices self-love and self-care by doing things that truly make her happy: camping & hiking in nature, dressing up for occasions, trying to keep her plants alive, playing PC games with her fiancé, and by being a body-positive plus size queen.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.