Binnelanders Se Luandri Reynders Q&A

Binnelanders Se Luandri Reynders Antwoord ‘n Paar Vrae

Dit voel soos gister wat ‘n nuwe gesig verskyn het op Binnelanders en tog is dit nou al net oor ‘n jaar wat Suster Karen Kriel by die Binnelanders familie aangesluit het. Karen word vertolk deur talentvolle aktrise, Luandri Reynders, en ons was gelukkig genoeg om vinnig op te vang met die jong aktrise om te gesels oor Binnelanders, lewe in die kollig en waar sy haarself sien oor tien jaar.

Dit is meeste akteurs se droom om ‘n rol te kan vertolk op ‘n bekende sepie soos Binnelanders. Het jy ooit gedink dat hierdie droom vir jou sal waar word?

Ek het altyd gehoop dat dit eendag sal waar word. Ek moet bieg ek het nie gedink dat dit so vroeg in my loopbaan sou gebeur nie. Dit is n baie groot eer om deel te wees van die  Binnelanders familie.

Wat was jou eerste reaksie toe jy uitvind jy het die rol van Karen Kriel losgeslaan?

Twee dae nadat ek my oudisie ingestuur het, het my agent (Marius Meyer) my gebel om my te vertel dat ek die rol losgeslaan het. Ek kon dit nie glo nie. Ek het vir vyf jaar oudisie en om uiteindelike die geleentheid te kry om nou deel te wees van Binnelanders… ek het nie woorde gehad nie. Na ons gesprek op die foon was ek vas oortuig dat ek hom verkeerd verstaan het.

Weetende wat jy nou weet, watse advies sou jou vir jonger self gee?

Byt net vas. Dit help nie jy meet jouself en jou loopbaan op teen ander mense s’n nie. Almal se pad is anders.  Ons vergeet ons sien net altyd die eindresultaate en nie die reis wat dit gevat het om daar uit te kom nie.

Karen is nou al net meer as ‘n jaar deel van die Binnelanders span. Hoe was jou eerste dag op stel en hoe het jy met die ‘nerves’ gedeal?

Aan die begin was ek baie op my senuwees. Die eerste tonele wat ek geskiet het was saam met Lindsey (Chanel). Sy was so nice en gerusstellend dat ek dadelike meer kalm gevoel het.

Ek dink nie daai stres gaan ooit weg nie. Dit raak net beter om daarmee te deal. Dit maak dit beslis makliker soos wat jy meer mense leer ken in die industrie. Dit help as daar ‘n bekende gesig op stel is. Natuurlik help dit ook as jy  baie goed voorbereid is.

Binnelanders het duisende kykers. Voel dit soms vreemd as mense jou in die publiek herken? Was dit vir jou ‘n aanpassing?

Dit is vir my baie vreemd as mense my herken. Ek dink nie ek sal ooit gewoond raak daaraan nie. Dit is wel vir my baie lekker as kykers met my kom gesels. Ek dink nie ons besef altyd hoe baie die sepies vir ons kykers beteken nie. Dit laat altyd ‘n warm gevoel in my hart as ek sien hoe iemand se gesig ophelder as hulle jou ontmoet. Dit is beslis ‘n aanpassing. Ek self is nogal skaam en meer van ‘n introvert. Ek voel ek weet nie altyd lekker wat om te sê nie maar dit raak beslis beter. Ek wil ook net vir ons kykers baie dankie sê. Ek dink nie julle besef altyd wat dit vir óns beteken om julle te ontmoet nie.

As jy nie ‘n aktrise was nie, wat sou jy gewees het?

Fotografie het my nog altyd geïnteresseer. Toe ek jonger was het ek altyd my niggie gehelp as sy troues afgeneem het. Net om die reflector vas te hou en so aan. Maar dit was vir my net amazing om die eindresultaat te sien van die fotos. Ek is deesdae besig om my skill in fotografie bietjie te verbeter want dit is graag iets wat ek in my vrye tyd sal geniet om te doen.  So as ek nou wel iets ander moes doen sal dit seker fotografie wees.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Die is altyd vir my n moelike vraag om te beantwoord. Soos ek vroer gesê het almal se reis is anders. Ek weet watter mylpale ek nog graag in die industrie wil bereik. Ek het nie noodwendig vir myself n tyd limiet op dit gestel nie.

So ek sal eerser sê in die volgende tien jaar sal ek graag nog meer teater wil doen. Ek sal dit love om in n internationale film of reeks te speel. En hopelik sal Suster Karen Kriel nog deel wees van Binnelanders.

Watse items kon jy al van jou bucketlist af merk? Is daar goed wat jy nog nie het nie wat jy graag sal wil doen?

Ek wou nog altyd op n ski trip gaan en na ‘n land wat nie n algemene toeriste plek is nie. In 2019 het ek Kazakstan toe gegaan vir n ski vakansie. Dit was ongelooflik. Twee items van my bucketlist af gemerk in een vakansie.

Ek wil baie graag Engeland besoek. Ek is nog altyd vreeslik geinteresseerd in die ryk geskiedenis van die land. Om plekke te besoek soos Hampton Court, Windsor Castle en Palace of Westminister sal ongelooflik wees.

Het jy advies vir jonger akteurs wat in die industrie wil in kom?

Ek dink dit is vreeslik belangrik dat jy deeglik navorsig doen vooraf. Maak seker dat jy by die regte plek vir jou gaan swot. Nie alle instansies bied dieselfde goed aan nie. Party is meer prakties geoorienteerd en ander meer teoreties. Weet wat jy eendag in die industrie wil bereik en gaan maak besluite op grond daarvan.

Dis ook belangrik om te onthou dat dit baie werk en tyd veg. Almal se pad is anders. Net omdat jy nie dadelik n groot rol losslaan nie beteken dit nie jy is nie goed genoeg nie. Hou net aan werk aan jou craft.

Ons weet dat Binnelanders slegs die begin is vir hierdie jong aktrise. Hou jou oog op die kassie – vir Luandri gaan jy nog baie sien.

Kliek hier om meer te lees vanaf ons Sosiale Redakteur

Stanzi Malan

Social Editor

Stanzi Malan is a young actress, presenter and writer who is passionate about the performing arts. After completing her Honors degree in Dramatic Arts at the University of Pretoria in 2020, she went on to work in the film and entertainment industry. When she’s not on stage or on set, she’s creating videos for her Youtube channel or creating content for her Instagram page. She loves being both in front of and behind the camera. She has many exciting projects coming soon, such as presenting an episode of Skole Top 10 on KyknetNou and many more!

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.