14 Losstaande Baddens Om Van Te Kies

Een van die min dinge wat in ‘n vrou se huis-lewe regtig belanrik is, is die perfekte bad. Dis ‘n groot uitgawe en natuurlik die fokuspunt van jou badkamer. Maar afgesien van hierdie feite, is badtyd enige vrou se spesiale tyd en behoort ons elke minuut daarvan te geniet.

Elke vrystaande bad het sy eie persoonlikheid en is defnetief die grootste visuele aspek van enige badkamer.

Daar is natuurlik ‘n paar dinge wat mens in ag moet neem as mens ‘n bad uitkies soos die verskillende variasies in: grootte, materiaal, vorm, styl en kleur.

Maak seker dat die vloerplan van die badkamer korrek gemeet is sodat die bad inpas. Neem ook jou lengte en lyf-grootte in ag, sodat bad-tyd geriefliek en prakties kan wees. Dit is belangrik om na die vorm, kleur en styl van die bad te kyk sodat die wasbak daarby pas en mens die regte krane kan uitkies.

Reghoekige baddens werk gewoonlik beter met skerp hoekige krane en ‘n moderne toilet, waar ‘n balpoot bad meer sin sal maak met Vintage styl krane.

Kies jou gunsteling:

1. Iris Rectangular Freestanding Bath white. R10599.99. TILE AFRICA.

2. Cuba free standing wall acrylic bath – back to wall. R9990. CHILLI-B.

3. Livingstone Bath Interno, R16887.98, BELLA BATHROOMS

4. Redere bath, P.O.D, OXO BATHROOMS.

5. Amsterdam bath, R15,399.39, FLUSH BATHROOMS.

6. Ottocento freestanding bath, P.O.D, LAVO BATHROOM CONCEPTS

7. Aquarius Trilogy White Acrylic Freestanding Bath R8499, ITALTILE.

8. Victoria & Albert Angelica Gloss FS Bath, R23990 ITALTILE.

9. Livingstone Alana freestanding stone bath, R13,086.99, K.CARRIM.

10. Bijiou Savoy bath Black, R21629.95, TILETORIA.

11. Round Freestanding Bath – Rondo Bath, R16 500,  EUROTREND.

12. FREESTANDING SHEBA BATH, POD, STONECAST.

13. Sophia Bath, POD, THE BATH COLLECTION

14. Various Copper Bath designs, R42500 – R47500, COPPER BATHS

Doen die moeite om self na die vertoonlokaal toe te gaan en na die bad te kyk, te voel en sommer self in te klim. Dit is ‘n groot uitgawe en moet dus reg gekies word van die begin af sodat die loodgiet stelsel volgens die regte spesifikasies gedoen kan word.

Download gerus die Maart uitgawe van BLOSS om meer te leer oor Dekor of e-mail my by decor@blossmag.co.za met enige vrae.

_________________________________________________________

Carmen Hosten
Carmen Hosten

Decor Editor

Carmen Hosten is a determined, innovative entrepreneur and designer focused on uniquely personalized interiors, architecture and furniture. With a BA degree in Interior Architectural Design Carmen developed a well trained eye for quality and spatial transformation that she combines with environmentally friendly and trend-setting designs.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exciting ways to keep things fresh, modern and interactive.